Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Trek ’n strepie, en die minus word ’n plus
Blou Willem

Met ons ekonomie en ons krieket wat so huiwer tussen halfrommel, amperrommel en volrommel, was daar die afgelope week maar min om oor opgewonde te raak, maar nou ja, ons kan darem nog altyd braai as niks anders in ons ou landjie werk nie, of hoe?

Of die verloor teen Banggatdesj of ons -3,2%- groeikoers in die eerste kwartaal vir my die meeste brandsooi veroorsaak het, moet ek nog oor besluit.

Al wat ek weet, is ek hou nie baie van die frank smaak in my mond as ek soggens drieuur in ’n koorssweet wakker skrik nie.

Ouboet Tom probeer daar uit die triestige Kaap so ’n bietjie troos: “Ek is seker die president is net so geskok soos ons oor die negatiewe bloeikoers, maar ek het volle vertroue dat hy ’n taakspan gaan aankondig om ’n krisiskomitee te organiseer wat ’n proses van konsultasie sal fasiliteer om ’n kommissie aan te stel om ’n paneel aan te kondig wat dié taakspan op die been sal bring om die krisiskomitee te adviseer.

“So nie gaan hy maak soos die Proteas wat nou al van plan A en B (De Villiers) tot by plan P en Q teruggeval het.”

Ek moet sê, die Proteas se reserwebank lyk ook dié week amper so droewig soos veldmaarskalk Tito s’n.

En om als te kroon, kondig Standard Bank aan dat hy 104 takke gaan toe-maak.

Nou ja, dis seker maar die stand van Standard se standaarde dat standaarde nie meer standaard is.

Nou ja, dis seker maar die stand van Standard se standaarde dat standaarde nie meer standaard is en jy nie meer op jou bank kan bank nie, maar jene, menere en me’s, is dit reg dat tant Kaatjie van Kenhardt nou haar seun moet vra om haar 78 km ver Keimoes toe te vat om by die kitsbank (halloooo, kits!) ’n kerkgeldjie vir Sondag te gaan trek?

Maar een ding kan ek vir onse president, Tito en selfs ons beleërde krieketspannetjie sê, en dit is dat daar nog hoop is as daar lewe is en dat ’n minus dalk ’n plus kan word as jy ’n strepie deur die minus trek.

In my tweede jaar in die ekonomieklas het prof. Jan ’n formule gehad waarvolgens jy bonuspunte kan kry vir ekstra take ingedien, maar ook ’n minus as jy versuim.

So gaan ek saam op die koshuis se rugbytoer Karoo toe en dien ongelukkig nie werkstukke in nie, wat my toe einde Julie 1972 laat met -14% (ja, my Kroon, en julle dink -3,2% is erg).

Ek gaan sien die proffie om ’n oplossing vir my dooielemma te vind en op sy rustige, lakoniese manier stel hy my toe gerus: “Toemaar, jongman, as jy skouer aan die wiel sit, kan jy teen einde Augustus terug wees op nul.”

So, ou blommetjies, skouer aan die wiel en oog oppie bal, asseblief, want as julle nog één wedstryd moet verloor, gaan julle meer ouens DStv-skottels laat verwoes as wat Steve in sy wild­stevedrome kan droom om te doen.

Meer oor:  Blou Willem  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.