Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Godsdiens
Tyd vir eerbied vir lewe en lewensmiddele

Ons gaan nou die klimaks van die Covid-19-pandemie tegemoet – dus nog meer ’n tyd om eerbied vir lewe te toon.

In verskillende godsdienstige en sekulêre tradisies word eerbied vir lewe baie hoog geag. Daarmee saam dus ook die voorsiening van lewensmiddele, wat ’n lewe van menswaardigheid bevorder.

Lewensmiddele sluit in water, kos, klere, behuising, gesondheidsorg, ’n veilige woonomgewing, opvoeding, werk, deelname aan samelewingsprosesse, groeigeleenthede, vervulling van potensiaal, betekenis, vervuldheid, genot en vreugde. Lewe (life) en lewensmiddele (livelihood) staan dus nie teenoor mekaar nie.

Soms verskil ons wel oor watter lewensmiddele op ’n bepaalde tydstip voorkeur moet kry, maar ons het almal nodig. Ons eer lewe deur lewensmiddele te help voorsien. Daarom is ons bly oor die doelgerigte en volgehoue samewerking van die sfere van regering, die korporatiewe sektor, burgerlike samelewing, opvoedkundige en godsdienstige instansies, instellings en individue.

Ons toon ook eerbied vir lewe deur radikale gehoorsaamheid te beoefen. Ons moet besef dat sogenaamde ordentlike mense hulle aan moorddadige gedrag kan skuldig maak.

Dít is gedrag wat nie ag slaan op die wêreldwye kreet en oproep vir basiese gedrag wat lewe eer nie – beoefen sosiale afstand; bly sover moontlik tuis; was jou hande gereeld met seep en water; dra ’n masker; hou jou hand voor jou mond as jy hoes; hou leefomgewings skoon en veilig; wees sensitief vir die behoeftes van mense met groter risiko’s.

Die elemente van dié kreet om lewe is só alledaags dat ons die belang­rikheid daarvan onderskat.

Kortom, beoefen verantwoordelike gedrag en help so om die infeksiekoers te laat afplat sodat die gesondheidsdienste nie oorlaai word en sterftes vermenigvuldig nie.

Die elemente van hierdie kreet om lewe is só alledaags dat ons die belangrikheid daarvan onderskat, dis só gering dat ons die grootheid daarvan miskyk.

Ons toon respek vir lewe waar ons pro-aktief op elke lewensterrein deugdelike besluite neem, soos om liefdevol aandag te skenk aan álmal se behoeftes, verlangens en belange.

Hoopvol laat ons nie verrassings en goeie uitkomste buite rekening nie. Gelowig en angsvry volg ons beginsels en bou ons op blye versekeringe vanuit ons geloofsbronne.

Met wysheid onderskei ons wat nóu die prioriteit en mees gepaste is. Met matigheid waak ons teen eensydighede en oordrywings, en streef ons na ewewig in emosie, beredenering, standpunt en besluit.

Met moed en dapperheid wag ons waar ons moet wag, handel ons waar ons moet handel, en besluit ons waar ons moet besluit.

En uiteindelik vra ons of ons keuses ook in die tyd van Covid-19 ’n lewe van regverdigheid en billikheid teenoor almal bevorder.

  • Prof. Koopman is ’n teoloog en viserektor aan die Universiteit Stellenbosch.
Meer oor:  Nico Koopman  |  Covid-19  |  Lewe  |  Godsdiens Aktueel  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.