Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Uit goeie hout gekap

Die Here het sy kinders uit goeie hout gekap – uit Golgota s’n. Ons is sterker as wat ons dink. Ons kan moeilikheid vat. Terugslae en teenstand het nooit die laaste sê in ons lewe nie. Goor omstandighede is nie ons begrafnisondernemer nie; dit is een van ons leermeesters.

Die Here se nabyheid maak ons sterk. Sy liefde vir ons maak dat ons nooit uit is op ons voete nie. Ook in krisistye ontdek ons steeds nuwe dinge van die Here en van onsself. Ons weier om te verval in hooploosheid of kleingeloof. Donker wolke maak nie dat ons ophou om die Here te dien nie. Dan hou ons steeds ook aan om ander te bemoedig en vir hulle te bid.

Nooit is ons slagoffers nie. Ons weet ons is ingeplant in die boom van die Lewe. Ons is lote van die ware Wynstok. Ons bly in Hom, en Hy in ons. Die Here snoei ons reg om nog meer goeie vrugte te dra, ook wanneer ons deur donker dieptes moet stap.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.