Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vakuum geskep vir magsvergrype
Alida Kok
Alida Kok

Ons word nou gekonfronteer deur die inploffing van en verlies aan die reëls waarvolgens die wêreld voor Covid-19 gestruktureer was. Ons tuiste – die plek waar ons woon en kwesbaar is – is die middelpunt waar die inploffing en verlies plaasvind. Ons woning het dus die middelpunt van die politiek van die koronavirus geword.

Ons word gedreig en selfs getiranniseer om tuis te bly – deur die regering, wetstoepassers wat onvoorspelbaar optree en die konstante vrees dat ’n medeburger ’n kwaadwillige klag by die polisie kan indien. Selfs die SMS-boodskappe wat van die regering na selfone gestuur word, word dreigender: “Lockdown means stay at home. If you don’t provide essential services, don’t go to work. The corona virus kills.”

Gevolglik begin ons onsself polisieer. Wanneer jy winkel toe gaan, maar ook wil “ryroof” om vir ’n slag uit die huis te kom, wonder jy wie jou sien. Of as jy bekommerd is oor ’n familielid wat alleen woon en wil seker maak dat daardie mens reg is, is jy vreesbevange dat jy in die moeilikheid gaan kom.

Die mees basiese behoeftes en verantwoordelikhede veroorsaak nou vrees en angs, en regeringsbeleid laat nie ruimte vir praktiese wysheid nie.

Om ’n suksesvolle stryd teen die virus te voer, is lewensnoodsaaklik vir Suid-Afrikaners.

Om ’n suksesvolle stryd teen die virus te voer, is lewensnoodsaaklik vir Suid-Afrikaners. Terselfdertyd word ons tans van basiese vryhede ontneem, soos om te kan werk, ’n onderneming wat met bloed, sweet en trane gebou is, te behou, om aan miljoene kinders deur voedselskemas by skole kos te gee en sigarette te koop.

Ons staat van inperking is van die mees drakoniese ter wêreld en drakoniese regulasies verdien nie om deur burgers in die vreesaanjaende styl van selfpolisiëring ondersteun te word nie. Dit mors met ons kop en ontneem ons van die vermoë om op ’n gesonde manier ’n oordeel te kan vel.

Volgens die tradisie waarin talle Suid-Afrikaners leef, word daar lyne in ’n samelewing neergelê: ’n lyn tussen die openbare en die private; ’n lyn tussen die staat en burgerlike samelewing; en ’n onderskeid tussen arbeid, werk en optrede. Die tradisie waarvolgens die lyne neergelê word, is duisende jare oud en vorm ’n politieke orde waarin mense kan floreer.

Die openbare en private word met rede­ van mekaar geskei: Wanneer ek my huis verlaat en die openbaar betree, moet ek op ’n eerbare wyse en met liefde vir die wêreld optree wat inherent divers is; wanneer ek in my private lewe­ by die huis is, mag ek myself onttrek.

Die staat en burgerlike samelewing word ook met rede van mekaar geskei: Die staat kan ’n alomteenwoordige monster word wat vryhede onderdruk as die burgerlike samelewing die regering en staat nie op ’n gebalanseerde wyse verantwoordbaar hou nie.

Laastens word daar ook onderskeid tussen arbeid, werk en optrede getref: Arbeid is wat mense doen om te kan eet en oorleef; werk is wat mense doen wanneer hulle ’n loopbaan bou; en optrede behels daardie politieke handeling wat ons tot die samelewing bydra wat die wêreld kan verander en wat selfs ná ons dood onthou kan word.

In die afgelope drie weke het hierdie lyne weggeval en is die openbare, private, staat, burgerlike samelewing, asook arbeid, werk en optrede in ons wonings gesentreer. Ons is ontneem van openbare ruimtes, die staat is in ons sitkamer en ons doen nou álles tuis – eet, slaap, werk en studeer.

  • In sulke omstandighede gaan ons beslis van tyd tot tyd voeling verloor en word ’n groot vakuum geskep waarin magsvergrype plaasvind. Dit is noodsaaklik om die lyne waarvolgens ons samelewing moet funksioneer weer tot hul regmatige plek te herstel.
Meer oor:  Alida Kok  |  Suid-Afrikaners  |  Inperkings  |  Koronavirus  |  Magsvergrype  |  Mag  |  Menseregte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.