Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vat grasperk en vrugteboord; los net braaiplek

Oom Johnny is baie verontwaardig dat ons agbare president heengegaan het en sy dramatiese grondaankondiging sonder sy wat oom Johnny is se inset gaan staan en doen het.

Blouwillem

“Ek wou nog by een van daai openbare nie-hore my ou standpunt by herhaling herhaal, naamlik dat ek bereid is om my voorste grasperk sowel as my vrugteboord (klaar gesnoei) sonder vergoeding te laat gaan, mits hulle net groot asseblief my braaiplek sal uitlos,” verduidelik hy vir ons.

Hy lees verder uit sy (nou waardelose) voorlegging: “Agbare voorsitter, dit het deur finansiële artikels sowel as gesprekke met ’n vooraanstaande hoenderboer onder my aandag gekom dat daar slegs 12 miljoen ha verboubare en bruikbare landbougrond in ons ou landjie is, oftewel 0,23 ha per piepol, wat skaars genoeg is om een vrygerangeerde, ontveerde (‘free range’) hoendertjie op groot te maak. My voorstel, voorsitter, is dus dat elke landsburger (behalwe bewese hoenderdiewe) so gou as moontlik voorsien sal word van een ‘free range’ hoendertjie sodat ons kan begin om ons stotterende ekonomie te herbou. Ek dank u, voorsitter, vir die geleentheid my gegun.”

Sjoe, en daar bekruip die koue ons toe dié week van agter af soos ’n Gupta in die nag. In so ’n mate dat die ou hoendertjies van die straat af in die KFC’s ingehardloop gekom het om gebraai te word. Ai, siestog!

Ouboet Jan daar in Bethlehem sê by hom was dit so koud dat hy drie oggende ná mekaar 4 liter roomys per melkkoei uitgemelk het. Met tande wat klap sê hy vir my wat hom elke keer met sulke skielike sneeu en koue verstom, is dat die stadsmense in hul karre spring om te gaan sneeu kyk by ’n ski-oord soos Tiffindell daar in die Oos-Kaap en dan vreeslik verbaas is as hulle vir ’n week daar vassneeu. “Jy sou sweer hulle is by Verneukpan in die Noord-Kaap vasgesneeu.”

Dik Daan sê hy het weer gehoor dat daar nie hierdie maand ’n Playboy in ons land gaan verskyn nie.

Ai dokter, ek is ’n kerkmens, kan ek nie maar eerder ’n Landbouweekblad kry nie?

Weer ná al die jare verbied? “Nee, hulle kon met die koue nie enige meisie kry wat bereid was om haar klere uit te trek nie,” verduidelik hy. Anders as in sonnige Australië waar ’n groep nudiste onlangs ’n gholfdag by die Humpty Doo-gholfbaan aangebied het. Neef Bartel reken die manne wou óf spog met hul voorgee of dalk net werk aan hul swaai. “Hoe werk jy ’n nudis se voorgee uit,” vra Oom Johnny. Ons weet nie, maar kan raai.

Toe Dik Daan praat van Playboy, verlang ons sommer terug na die ou dae toe die meisies in Scope nie sterre in hul oë gehad het nie, maar wel op hul noordelike dele.

Dis in daai jare wat die oom van Bultfontein in Johannesburg by die maagspesialis was en die kwak toe sê dat hy ’n “scope” sal moet sluk. “Ai dokter, ek is ’n kerkmens, kan ek nie maar eerder ’n Landbouweekblad kry nie?”

Meer oor:  Blouwillem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.