Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
VBS-skandaal kan EFF verdeel
Ralph Mathekga

Die EFF is op pad na ’n potensieel verdelende verkiesingskonferensie van sy topleiers in Desember.

Hy is bekend as ’n party met ’n hegte leierskorps wat dikwels enige bewering van interne verdeeldheid verwerp, maar sukkel om in die aanloop tot die konferensie ’n verenigde front voor te hou. Na berig word, is ’n skommeling van die sentrale bestuurspan moontlik en kan Dali Mpofu, die nasionale voorsitter, en Godrich Gardee, die sekretaris-generaal, vervang word.

Soos enige ander party is die EFF nie immuun teen interne verdeeldheid wat uit ’n leierskapstryd spruit nie. Maar as Julius Malema en Floyd Shivambu hul poste as leier en onderleier onbestrede behou en Gardee en Mpofu word uit die leierskorps geskop, kan dit interne struwelinge meebring omdat die hele EFF-projek soos die persoonlike projek van Malema en Shivambu, die stigters, sal begin lyk.

Gardee en Mpofu word wyd buite die EFF gerespekteer. As ’n mens desperaat die boom sou skraap vir politiek gematigdes in die EFF, sal hulle aan dié beskrywing voldoen.

Die vraag is dan wat tot die uitval kon gelei het wat kan meebring dat hulle die party kan verlaat.

Die vraag is dan wat tot die uitval kon gelei het wat kan meebring dat hulle die party kan verlaat. Myns insiens het dit te make met die VBS Mutual Bank-kwessie. Dit het die kohesie van die leierskorps ongetwyfeld onder druk geplaas.

Sedert die skandaal onthul is, met bewerings dat Malema en Shivambu persoonlik baat gevind het by die geld wat by die bank gesteel is, was daar duidelike verdeeldheid onder die topleiers. Hulle kan maklik in twee groepe verdeel word: dié wat die party en sy leiers teen bewerings van onbehoorlike voordeel beskerm, en diéwat hul hande in onskuld was en tjoepstil bly oor die VBS-sage en hoe dit die party raak.

Malema kon die EFF lei sonder dat sy hegemonie betekenisvol uitgedaag is. Die VBS-kwessie kan die situasie verander.

Mpofu en Gardee het hul kollegas nie onwrikbaar teen die VBS-aanklagte verdedig nie, terwyl Malema en Shivambu hoofopskrifte gehaal het oor hul beweerde inkopietog met die gesteelde geld.

Die VBS-besonderhede is so ’n verleentheid dat ’n vooraanstaande advokaat soos Mpofu en die gerespekteerde Gardee dit moeilik sou vind om die party se standpunte in die openbaar te verdedig. Hulle was ooglopend stil oor die kwessie, wat wantroue onder die top-leiers kon geskep het.

Maar die EFF se grootste risiko met betrekking tot kritiek oor onbehoorlikheid is nie die teenreaksie van die breër lidmaatskap van die party nie, maar eerder hoe die kritiek die samehorigheid van sy leiers raak. Die breër lidmaatskap is dit dikwels eens met die EFF se teen-establishmentretoriek en die party word slegs beoordeel wat betref sy teenstand teen die establishment eerder as die integriteit van sy leiers.

Malema kon die EFF lei sonder dat sy hegemonie betekenisvol uitgedaag is. Die VBS-kwessie kan die situasie verander. Sommige lede is bereid om sy leierskap uit te daag en selfs te bevraagteken hoekom die party gebruik moet word om topleiers in ’n strafregtelike ondersoek na hul persoonlike sake te verdedig.

Die EFF sal ná die verkiesingskonferensie waarskynlik vasbeslote wees om die beleërde Malema en Shivambu oor die VBS-kwessie en ander sake rakende onbehoorlikheid te verdedig. So ’n EFF sal moontlik nie meer plek vir Gardee en Mpofu hê nie weens hul ongeërgdheid om hul medeleiers teen bewerings van onbehoorlikheid te verdedig.

Sonder Gardee en Mpofu, in die lig van die omstandighede wat tot hul vertrek sou gelei het, sal die EFF al hoe swakker in die openbare oog raak en sal Malema en Shivambu talle vrae moet beantwoord oor of die EFF bloot hul troetelprojek geword het om hulle uit die tronk te hou.

Meer oor:  Julius Malema  |  Ralph Mathekga  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.