Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vele hande maak ’n veel ligter wêreld
Esté Gross

Iemand wat blik skud en bakhand staan is al sinoniem met ’n stopstraat in Johannesburg.

En as my venster ongevraagd van ’n kant af natgespat word vir ’n was en ’n moontlike rand, net voor die verkeerslig groen slaan, is ek allesbehalwe verheug oor die druppels wat op my voorruit val.

En al draai die liedjies oor die lot van bedelaars in my kop, en al sou ek ook hoe graag wou – kan ek dit nie bekostig om elke dag te gee, gee, gee, vir Hillbrow nie.

My beursie voldoen eenvoudig nie aan die nodige diepte nie.

Maar daar is ook komiese oomblikke as jy wel die dag kan help.

’n Bedelaar was op ’n keer eerlik genoeg om aan my te verduidelik dat die sak appels wat ek vir hom gee nie juis ’n oorspronklike idee is nie. Hy het my ewe hoflik bedank en gesê: “Gee dit maar vir iemand anders. Ek het genoeg appels, dankie.”

Ek weet ’n appel ’n dag is nie genoeg om armoede te beveg nie, maar dis ’n begin en maak miskien ’n verskil vir die een wat honger is.

Ek weet ’n appel ’n dag is nie genoeg om armoede te beveg nie, maar dis ’n begin en maak miskien ’n verskil vir die een wat honger is.

Vandag, op die Verenigde Nasies se internasionale dag vir die uitwissing van armoede, is die goeie nuus dat Suid-Afrikaners ten spyte van die daaglikse pleidooie om hulp om elke hoek en draai nog nie aan medelye-moegheid ly nie.

Volgens die verslag “The South African Giving Report 2019” wat deur die Suid-Afrikaanse Liefdadigheidsvereniging (CAF) uitgereik is, gee Suid-Afrikaners nog steeds dieselfde hoeveelheid vir liefdadigheid as ’n jaar tevore.

Dít ten spyte van die skoen wat weens die ekonomie druk.

Volgens die verslag het byna nege uit tien Suid-Afrikaners wel hierdie jaar op een of ander manier ’n bydrae vir liefdadigheid gelewer – in die vorm van ’n geldelike donasie vir ’n organisasie sonder winsbejag, vrywillige werk by die kerk of om iemand by te staan wat swaar trek. Die meeste donasies is gegee met die doel om armoede te verlig.

Die tendens is ’n bewys dat daar, ten spyte van al die negatiewe nuus, altyd hoop is as daar nog alledaagse medemenslikheid is om te vier.

Ons kan nie keer dat ’n tifoon soos Hagibis in Japan hartseer en verwoesting saai en mense se planne in die wiele ry nie, maar ons kan help om vir mekaar die modder weg te vee.

Net soos die Kanadese rugbyspan wat hul moue opgerol het om die slagoffers van die tifoon by te staan.

En daarmee wil ek sommer in dieselfde asem ook dankie sê aan die kerke, sopkombuise en liefdadigheidsorganisasies wat gereeld die besem optel om ander te help, al word dit nie altyd raakgesien nie.

Ten spyte van die skaarstes, droogtes en rampe is daar nog elke dag medemenslikheid – en die voorraad is wêreldwyd, en volop.

Meer oor:  Esté Gross  |  Besteding  |  Armmoede  |  Geld  |  Hulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.