Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vele tale speel dalk in op

Uit meer as 910 000 unieke woorde in die Taalkommissie se ~50-miljoenwoordkorpus lê die woord baie in die 61ste plek. Om dit konkreet te maak: As baie aan die Comrades-ultramarathon moes deelneem, sou hy om ’n tweede plek meeding. Lekker vinnig, dus.

Gerhard van Huyssteen

Soos talle Comrades-atlete ook buitelanders is, so word ook dikwels veronderstel dat baie deel is van Afrikaans se sogenaamde uitheemse stratum. Om kortpad te neem: Dié teorie sê dat baie uit die Maleise woord banyak (oftewel banjak), wat “baie” beteken, ontstaan het.

Om van banyak tot by baie te kom, moet jy net die [n] in die middel en die [k] aan die einde laat val. Finish en klaar, ons hoef nie verder te soek nie.

Die oudjoernalis Ollie Olwagen krap egter onlangs in ’n blog op VivA se webwerf ’n ander teorie oop waarvan ek nie bewus was nie. In sy navorsing na die Olwagens se familiegeskiedenis het hy agtergekom dat die gebruik en betekenis van die woord bannig in Platduits presies met onse baie oorstem. Byvoorbeeld: “All bannig up sin Kerfstock hebben” (Al baie op sy kerfstok hê); of “De See is vundaag bannig rohig” (Die see is vandag baie rustig).

Ollie toon aan dat die Kaap in die 18de eeu oorspoel is deur ’n klomp VOC-werkers uit die Noord-Duitse taalgebied; hy voer aan dat hulle tog ’n beduidende stempel op die jong, ontwikkelende Afrikaanse spreektaal van daardie tyd moes gehad het, veral in die oordrag van hoëfrekwensiewoorde soos baie. Hy

vra of die Maleise

banyak nie dalk selfs ’n leenwoord uit Platduits via 18de eeuse Bargoens is nie.

Soos in die Comrades is dit ook in die taalkunde: Dit gaan nie oor wen of verloor nie, maar eerder oor wie almal op watter manier deelgeneem het.

Terwyl ek in die geskrifte van taalgeleerdes rondkrap, kom ek agter dat daar ’n derde teorie oor baie is, naamlik dat dit ’n vervorming is van die Franse woord bien, wat onder meer “goed/mooi; ’n klomp” beteken en wat weer stam uit die Latynse bene (“goed”, soos in die Engelse

benefactor of benevolence).

Watter een van hierdie drie teorieë wen?

Wel, ek het ’n vierde teorie, naamlik dat hulle almal wen! Sien, vanuit ’n bepaalde moderne taalkundeteorie word die mening gehuldig dat mikroveranderinge en -invloede tot die ontstaan van nuwe konstruksies bydra. Die feit dat daar in dieselfde tyd aan die Kaap drie eendersklinkende woorde (banyak, bannig en bien) was wat uit drie verskillende tale (Maleis, Platduits en Frans) kom en ongeveer dieselfde beteken, het ingespeel op die skep van die nuwe woord baie.

Dieselfde soort patroon kan ons sien in talle ander konstruksies, waaronder ons dubbele ontkenning; die verbale hendiadis (loop en . . .); ons pa-hulle/-goed; ensovoorts.

Soos in die Comrades is dit ook in die taalkunde: Dit gaan nie oor wen of verloor nie, maar eerder oor wie almal op watter manier deelgeneem het.

Meer oor:  Taal  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.