Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vergifnis is ’n wilsdaad

Toe dit hoogmode was om Jode uit te verkoop in die Tweede Wêreldoorlog, het Corrie Ten Boom en haar familie Jode in hul huis in Nederland versteek. Die Nederlandse Weerstandsbeweging het gehelp om ’n spesiale kamer onder hul huis te bou.

In 1944 het ’n informant hulle verkla. Corrie het in Ravensbrück, ’n Duitse strafkamp vir vroue, beland. Hier is haar suster, Betsie, oorlede, maar niemand kon Corrie se getuienis oor haar geloof stilkry nie.

Kort ná die oorlog het sy Duitsland weer besoek en twee soldate vrygespreek wat wreed teenoor Betsie was. Haar lewe het gerym met een van haar uitsprake: “Forgiveness is an act of the will, and the will can function regardless of the temperature of the heart.”

Inderdaad! Die evangelie word geleef, wat ook al die koste.

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.