Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Verkiesing 6.0 en slim politici
Gert Coetzee

Die oggend ná stemdag is ongeleë vir ’n politieke rubriek omdat alles wat ek nou oor die verkiesing skryf, irrelevant kan wees wanneer jy dit Donderdagoggend te lese kry.

Ofte wel koue kos, skat, om te leen by die titel van Marita van der Vyver se boek. Wat saak maak, is die kiesuitslae.

Is dit waterskeidend? Indien wel, hoe lyk die skuif in die tektoniese plate van ons politieke landskap? Of sal Verkiesing 6.0 (die sesde een sedert 1994) net ’n voortsetting van die gestadigde proses die afgelope kwarteeu wees?

Met Bertrand Russell se kwinkslag wat weer bewaarheid word. “In ons groot demokrasieë word steeds gedink ’n onnosel man is eerliker as ’n slimme, en ons politici buit die vooroordeel uit deur voor te gee hulle is selfs meer onnosel as wat hulle geskape is,”

En politieke bewindshebbers wat voldoen aan George Bernard Shaw se uitspraak: Hy weet niks nie, maar dink hy weet alles. Dit dui beslis die weg tot ’n politieke loopbaan aan.

Eerder as dat Suid-Afrikaners “die hand van die geskiedenis op ons skouers voel”, soos Tony Blair as Britse premier gesê het voor gesprekke in 1998 met Noord-Ierland se Ulster-unioniste.

Wat wel al op stemdag bekend was, is die onsekerheid van kiesers vir wie om te stem, selfs totdat die stemhokkie betree is.

Wat wel al op stemdag bekend was, is die onsekerheid van kiesers vir wie om te stem, selfs totdat die stemhokkie betree is.

Die stuifreëntjie en pannekoek-weer kon die wegblystem opgestoot het, wat weer die kiesuitslae sou beïnvloed.

Die ander sekerheid is dat die detail en tendense van Verkiesing 6.0 se uitslag meer onvoorspelbaar as ooit is.

Vloeibaar, het ’n ontleder gesê.

In die geheelprentjie weet ’n mens die ANC gaan weer as die groot wenner uit die stryd tree. Maar daal sy steun beduidend, is hy dalk die groot verloorder, selfs al is hy die wenner.

Om dop te hou is wie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhou­dinge (SAIR) of Ipsos se meningspeilings die raakste is.

Met ’n kieseropkoms van 74,6% in 2014 het die ANC 62,2%, die DA 22,2% en die EFF 6,4% van die stemme getrek.

Met dieselfde opkoms voorspel die SAIR nou steun van 54% vir die ANC, 23% vir die DA en 13% vir die EFF.

Wat die ANC minder kry, kry die EFF meer. Dit sou ’n klemskuif wees.

In albei scenario’s – SAIR en Ipsos s’n – behaal die ANC en EFF tesame maklik die tweederde-meerderheid wat vir die wysiging van die Grondwet (en grondwet) nodig is.

Ipsos meen ongeag die opkoms sal die ANC steeds tussen 60% tot 65% van die stemme buit; die DA 17% tot 19%, en die EFF 10% of 11%. Ook kan die EFF die amptelike opposisie in Limpopo, Noordwes en die Vrystaat word.

In albei scenario’s – SAIR en Ipsos s’n – behaal die ANC en EFF tesame maklik die tweederde-meerderheid wat vir die wysiging van die Grondwet (en grondwet) nodig is. Dit is bepalend.

Vir die Vrystaatse DA wat hom hard teen korrupsie beywer het, sal dit ’n slag wees as hy die titel van “amptelike opposisie” hier aan die EFF afstaan.

Enigiets meer as sy huidige sewe poste in die wetgewer sal ’n wins wees.

Landwye klemskuiwe aan opposisie-kant wat dopgehou word, is of die DA daarin slaag om township-steun by die ANC te buit; of DA-kiesers hul heil by die VF Plus gaan soek het, en of die ACDP nasionaal en in die Wes-Kaap vorder. In die Noord-Kaap droom die DA dat die ANC onder 50% kry.

Die VF Plus (166 000 stemme in 2014) sê hy sou nasionaal kon doen met ’n miljoen. Dis hoog, maar enigiets meer as sy huidige vier LP’s, een Vry­staat­­se wetgewerlid en geen Noord-Kaapse wetgewerlid nie, sou ’n wins wees.

Hoe gaan die koalisie-regerings lyk in Gauteng en in die Wes-Kaap as die ANC in eersgenoemde en die DA in laasgenoemde nie volstrek wen nie?

En wie gaan in die ANC die oorhand kry; hoe gou gaan Cyril Ramaphosa sy beloofde hervorming instel, en sou dit die party op ’n breukspul laat afstuur?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.