Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Verwondering oor God

Jeff Bezos en Richard Branson se onlangse reise na die ruimte het hulle vol verwondering gelaat. Min van ons kan sulke verwondering bekostig, maar ons hoef nie soos miljardêrs ruimtereise te onderneem om dit te beleef nie. Verwondering is om jou kleinheid te beleef in die teenwoordigheid van ’n oorweldigende grootheid.

Dit gebeur met Johannes op die eiland Patmos wanneer Jesus aan hom verskyn. In Openbaring 1 vertel hy hoe hy oorspoel was deur heilige verwondering in Christus se teenwoordigheid. Kom sit asseblief aan die Here se voete. Kom tot rus by Hom. Laat toe dat sy Gees jou in ’n sagte stilte aanraak. Laat toe dat Hy jou op nuwe maniere oorspoel met sy sprakelose nabyheid. Dan gaan daar ’n nuwe landskap van heilige verwondering oop voor jou. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.