Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Virus kan ANC soos Trump in die stof laat byt

Ek was gewalg toe ek skuins voor Kersfees by ons naaste sentrum ’n ouerige toppie sien met die rooi kêps van Donald Trump met die woorde “Make America Great Again” op.

Charles Smith

Die virus van new-fascisme, rassisme, arrogansie, fopnuus en samesweringsteorieë wat Trump se MAGA, soos die veldtog in die VSA heet, verteenwoordig, het só diep in ons samelewing ingedring dat dit my op my voorstoep in Bloemfontein bedreig.

Dit is so goed ek stap in ’n T-hemp waarop staan “PW is baas” in die townships van Bloemfontein rond. Die ANC-lede wat steeds T-hemde dra waarop Jacob Zuma se glimlaggende bakkies pryk, gee net soveel aanstoot.

Nou, ’n week in 2021, het die hele prentjie verander. Trump en alles waarvoor hy gestaan het, word van die wêreld gevee. Eersdaags word hy uit die Withuis geskop. Die kans is goed dat die Demokrate vandag die Withuis, huis van verteenwoordigers én die senaat gaan beheer. Ironies genoeg het die koronavirus tot Trump se ondergang bygedra. Die wêreld se oë het oopgegaan. Mense verkies demokrasie bó fascisme.

Die wetenskap oorwin die siek dogma van steel en vreet (die ANC gaan eendag soos Trump ’n skop van die kieser op die knaters kry) en logika het fopnuus oorwin. Die wêreld kies liefde bó haat.

Die wetenskap oorwin die siek dogma van steel en vreet (die ANC gaan eendag soos Trump ’n skop van die kieser op die knaters kry) en logika het fopnuus oorwin.

Net deur die wetenskap, ondersteun deur omgee, goeie regering en die beste planne deur die beste mense – nie korrupte kaders (ANC) en korrupte families (Trump) nie – en diegene wat vir hulself kan dink, kan Covid-19 geklop word.

Nie deur arrogansie, grootpratery, twakpratery en fopnuus nie. Daarom het die MAGA-virus nie verder in my buurt versprei nie.

Die stryd teen onkunde duur egter voort. Die vrees vir die Covid-19-entstof grens aan paranoia. Nogal gedryf deur godsdiens.

Die goeie nuus oor 2021 is dat ons anders as ’n jaar gelede weet wat op ons wag. Die virus – en dalk nóg virusse en siektes – gaan dodeliker word. Ons sal leer om “normaal” daarmee te lewe. Ons moet steeds boer, ploeg, plant en veilings hou. Universiteite en skole moet meer doeltreffend afstandonderrig gee.

Die grootste struikelblok is ons regering, veral die plaaslike regering. Verskeie dorpe in die Vrystaat het geen water in huise nie.

In hierdie stryd het ons kampioene nodig wat die leiding neem om te sorg dat gemeenskappe werk, dat ons water en kos het, dat skole veilig is en kinders leer. Dit is mense soos Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, wat haar land met presisie deur die krisis lei, in ons eie dorpe en gemeenskappe. Isoldé Laesecke van Bethlehem is só ’n leier wat dag en nag veg om dienste te verseker. Kyk dat julle daardie leiers steun, want die ANC het gewys hy is onbeholpe, korrup en voel vere vir gewone burgers.

Ons leuse in 2021 moet wees: “Maak die wêreld ’n beter plek.” Ons kán dié virus oorwin as elkeen meer as sy en haar deel doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.