Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Voorkom uitbranding

Die woord “uitbranding” word deesdae al hoe meer gehoor. Dit gebeur wanneer mense hul eie fisieke en emosionele kapasiteit opgebruik en niks meer oor het om te gee nie.

Dis soos ’n motor wat sonder brandstof probeer ry. Keer dat uitbranding jou tref. Dis nie ’n skande as dit met jou gebeur nie. Dit sê nie jy is ’n mislukking nie. God het jou nie dan skielik verlaat of afgeskryf nie.

Maar weet ook dat jy uitbranding kan systap. Omring jou met wyse mense wat jou betyds sal waarsku wanneer jy te veel hooi op jou vurk het. Volg leefritmes na wat groter vrede en rustigheid in jou lewe skep.

Sê nee vir dinge wat jou lewe oorvol maak. Handhaaf daaglikse geloofsdissipline soos stilte voor die Here en gebed. Leef vanuit Sy goedheid. En wees sagter en genadiger met jouself. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.