Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vooruitgang sonder doel
Fred Pheiffer
Fred Pheiffer

Vroeër dié week bewillig die VSA-senaat $250 miljard (R3,4 miljard) vir navorsing in wetenskap en tegnologie. Dit word deur ’n meerderheid senatore goedgekeur, op sigself merkwaardig in dié dae van politieke venyn en agterdog in Washington­, maar die doel is om China se ekonomiese en militêre ambisies aan bande te probeer lê. Die vrees bestaan dat Amerika sy tegnologiese leierskap aan sy voorste geopolitieke teenstander kan afstaan.

Die Chinese tegnologiebedryf is hipermededingend. Onderskraag deur die staat, glo dié maatskappye hul doelgerigtheid en hul werkers se ywer stu China voort na ’n toekoms van vermoëndheid en gemak. Hierdie gejaagdheid perkoleer deur na universiteite, waar hoërskool-leerlinge moet meeding om die beste studiegeleenthede, en om by die beste tegnologiefirmas werk te kry. Daarna kry jy ’n woonstel en trou met ’n toppresteerder soos jy. En dan? Wat anders is daar behalwe werk?

Dié samelewing bied weinig afleiding. Die owerheid ontmoedig gedrag wat nie goeie karakter en patriotisme bevorder nie. Die gevolg is fisieke en geestelike uitputting. Selfdood is nie ongewoon nie.

Stel jou voor ’n ietermago wat homself in ’n selfverdedigende bolletjie oprol.

In ’n onlangse New Yorker-tydskrif skryf die joernalis Yi-Ling Liu oor ’n nuwe woord wat in die Chinese sosiale media posgevat het – neijuan, saamgestel uit die skryftekens vir “binne-in” en “rollende”.

Stel jou voor ’n ietermago wat homself in ’n selfverdedigende bolletjie oprol. Sielkundig dui dit op ’n vasgevangendheid wat die antropoloog prof. Biao Xiang beskryf as ’n “eindelose kringloop van selfkastyding – gekerker in mededinging wat jy besef uiteindelik betekenisloos is”. Versnelling sonder ’n bestemming, vooruitgang sonder ’n doel.

En die Afrikaans? Inwaartsgekeerdheid? Só ’n vertaling dien dalk vir sielkundige aftakeling, maar die oorspronklike betekenisuitbreiding het gekom van die antropoloog Clifford Geertz wat in sy 1963-boek Agricultural Involu­tion Java se ekonomiese reaksie op bevolkingsgroei en Nederlandse kolonialisme ontleed het. Sy teorie van “involusie” stel voor dat ’n groter inset in arbeid nie noodwendig tot ’n gelykstaande uitset in gewasse of innovering lei nie. Wat eerder gebeur, is dat ’n maatskappy op homself ingedompel raak. Die Afrikaanse sosio-ekonomiese ekwivalent sou dus “involusie” moet wees.

Sjoe, hier ter plaatse hoef ons seker nie bekommerd te wees dat ons gaan omkom van harde werk of ’n strewe na ’n meritokrasie nie. Ten minste nie in die openbare sektor nie. Werkers in die private sektor huldig dalk ’n ander mening.

Veral as hulle in ’n plakkerskamp woon, ontneem van behoorlike geriewe en geteister deur misdaad, ure verwyderd van hul werkplek met geen openbare vervoer om op staat te maak nie. Wat is die sielkundige impak van só ’n eindelose stryd? Is dit nie ook ’n vorm van inwaartsgekeerdheid nie?

Meer oor:  Fred Pheiffer  |  Taal  |  Chinees  |  Afrikaans  |  Vooruitgang  |  Woorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.