Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra dr. Jani: Die liggie aan die einde van die tonnel is nou af . . .

Danie Theron van Trompsburg skryf:

Ek droom gisteraand ek neem deel aan die Amerikaanse vasvraprogram Jeopardy.

Die eerste vraag, in hul vreemde styl, is: “Hy het die wenpunte vir die Springbokke aangeteken in die Wêreldbekereindstryd in 1995.”

Ek antwoord: “Wie is Joel Stran­sky?”

Tweede vraag: “Die geboortenaam van hierdie sanger was Farrokh Bulsara.”

Ek sê: “Wie is Freddie Mercury?”

Derde vraag: “Die begrip is absoluut onbekwaam.”

Ek waag: “Wat is die ANC?”

Weer korrek!

Toe skrik ek wakker en tas na die bedlampie op my bedkassie, maar onthou my bedkassie is gesteel en die bedlampie werk nie, want dis beurtkrag.

Wat nóg, dr. Jani?

Dr. Jani antwoord:

Wat nóg?

Dít?

There’s too many home fires burning

And not enough trees

So f*** all that

We’ve go to get on with these . . .

Toegegee: Party van Pink Floyd se ou liedjies is darem vrek prekerig.

Danie, dit klink of jy teleurgestel is.

My vriend Fanie kuier gister by my. Fanie is iemand wat ’n mens sou beskryf as “die stil, eenkant­tipe” – soos wat die bure van ’n reeksmoordenaar altyd later grootoog aan die media vertel.

Fanie is ’n internasionale kenner op die gebied van teleurstelling.

Kom ons sê maar net: Baie min dinge werk ooit vir hom uit.

Maar hy bly blymoedig, kan jy dit glo. (Hy sê die beste gevolg van al sy teëspoed is dat niks hom meer verbaas nie.)

Fanie se lewensleuse is ’n liedjie wat Monty Python gesing het.

Come on guys, cheer up

Always look on the bright side of life

Always look on the bright side of life

Worse things happen at sea you know

Always look on the bright side of life

I mean, what have you got to lose?

you know, you come from nothing

you’re going back to nothing

what have you lost? Nothing!

Always look on the bright side of life.

Daar het jy dit.

Sterkte. En groetnis!

Meer oor:  Vra Dr. Jani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.