Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra dr. Jani: Fanie ken nie die betekenis van die woord ‘kla’ nie

Soekie Verhoef van Vereeniging skryf:

My vriend Fanie is ’n ewige optimis. Alles wat my moeg en angstig maak, gryp hy met albei hande aan.

Hy hou van boeke met titels soos 1 001 Wines to Try Before You Die.

Of: Try it! World Cup Winning Moves in Three Easy Steps.

Ook: How to Make Friends, Influence People And P ay As Little Tax As Possible.

En: Be Your Own Plumber: Vol-ume 1.

Asook: Towering Inferno: Packing A Braai Fire Like A Pro.

Fanie is altyd reg om iets nuuts te leer. In elke ramp sien hy ’n geleentheid, in elke donker wolk ’n silwer rand so groot soos Arizona.

Hy het die afgelope klompie maande derduisende rande gemaak met die verkoop van hand­saniteerder wat hy stook in sy agterplaas volgens ’n geheime ou Voortrekker-brandewyn-resep.

Fanie se entoesiasme ken geen perke nie. Ek en hy was vroeër die week in ’n koffieplek. Buite was ’n man besig om die gebou ’n nuwe laag verf te gee. “Sien jy? Progressie. Vooruitgang. Onwards and upwards with the arts!” het Fanie geskreeu. Die kelner skrik so, hy druk sommer drie noodknoppies.

(Fanie laat Vrydagaand weet – asof ek self geen toegang tot nuus het nie: “Biden is weer voor! ’n Nuwe wêreld wink.”)

Dis nou my vriend. Immer opgepluk met die lewe, soos my ouma sou sê.

Ek wens ek was meer soos hy.

Dr. Jani antwoord:

Phil and Joe had gone out to a late lunch, and on the way back, Larry Fly, head of the Federal Communications Commission and of the War Communications Board, spotted them and stopped his car, shouting to him that the Japanese had attacked Pearl Harbor. Joe said, “Thank God.” Phil said, “Shut up.”

Ek lees die outobiografie van Katharine Graham, wat uitgewer van The Washington Post was tydens Watergate. Dis ’n fassinerende verhaal. ’n Lewe in hoofletters.

(Joe was destyds afgehaal omdat Amerika aanvanklik nie vir oorlog voorberei het nie. Hy was verheug oor die nuus, maar Katharine se man was dadelik bekommerd oor ’n tipe teenreaksie teen Jode.)

Sag wees op jouself, Soekie.

Sterkte. En groetnis!

Meer oor:  Vra Dr. Jani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.