Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra dr. Jani: Maskers dop af soos pes houvas kry

Diana Spencer van Seepunt skryf:

Gistermiddag het iemand in ons plaaslike park uit die bloute op my gegil: “Sit jou masker op!”

Dit was ’n doodgewone lentemiddag. Kinders wat speel. Mense en honde wat stap. Ek’s nie selfsugtig nie. Ek gee om vir die welstand van ander. Ek doen die verstandige ding. Ek hou darem by die reëls.

Toegegee, my masker het in daardie stadium so half om my ken gehang, losserig, in dieselfde styl as waarmee Bakkies Botha altyd sy skrumpet gedra het. Maar ek is nie roekeloos nie.

Is dit werklik nodig dat my broer so op my skreeu?

Dr. Jani antwoord:

What, today, is leftism, at least when it comes to intellectual life? Not what it used to be. Once it was predominantly liberal, albeit with radical fringes. Now it is predominantly progressive, or woke, with centrist liberals in dissent. Once it was irreverent. Now it is pious. Once it believed that truth was best discovered by engaging opposing points of view. Now it believes that truth can be established by eliminating them. Once it cared about process. Now it is obsessed with out comes. – Bret Stephens in The New York Times.

Diana, ja, vreemde tye.

Die goewerneur van New York ransel op ’n nuuskonferensie ’n joernalis af omdat dié durf vra of die skole weer gaan sluit (kort voordat die goewerneur die skole weer sluit.)

The New York Times raai hul lesers aan om liewer nie hul naaste familielede hierdie Dankseggingsvakansie te sien nie – “in some ways the coronavirus is still a mystery”.

’n Virus-skeptikus op ’n vliegtuig verwar skielik leeslampies met lugreëling in sy kruistog teen Covid-19-propaganda.

Iemand vertel trots hy gaan nie sy 99-jarige oupa hierdie vakansie besoek nie – “because there will always be another time”.

Data word duideliker, maar projek-sies/voorspellings ook aggressiewer.

Wat sou Winston Churchill doen? Was die vrees vir ’n Nazi-inval in Brittanje daar tot op die dag van die val van Berlyn, of het die Geallieerdes regte verwikkelinge dopgehou?

Al dié dinge maak dat jy jou medemens so min vertrou soos byvoorbeeld ’n minister van finansies wat sê een van sy gunstelingboeke is Enid Blyton se The Magic Faraway Tree, nè?

Sterkte. En groetnis!

Meer oor:  Vra Dr. Jani  |  Maskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.