Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra dr. Jani: Ná vakansie se nagmerrie, is beste raad nóg ’n vakansie . . .

Klaas Vakie van Koekenaap skryf:

Desembermaand maak my angstig: Die uitlokkende versierings in winkels en opruiende Kersmusiek.

Die eindelose reëlings oor die bewegings van familielede, kinders en honde.

Die dreigemente van hoe lekker almal gaan ontspan vir ’n week of wat – batterye gaan ernstig herlaai word, hef aan lê voor!

Die logistieke nagmerrie van Kersgeskenke, die dolle gemaal in winkelsentrums en die meedoënlose opmars na die grand finale van Oujaarsaand wanneer 2019 finaal agter die rug gesit word. Vat so, 2019!

Dis net alles te erg. Die vooruitsig aan al die leeglê maak my sommer nou al moeg.

Soos die kolonel in Stanley Kubrick se Full Metal Jacket gesê het: “We’ve gotta keep our heads until this peace craze blows over.”

(Januariemaand is vir my veel makliker. Soveel minder druk. En niemand kan beweer dat die jaar darem “vinnig gevlieg” het nie.)

Klink ek soos ’n ou bitterbek-briefskrywer op bl. 10?

Dr. Jani antwoord:

Bitterbek? Klaas, ek dink jy kort ’n vakansie(!)

Hier is iets uit The New York Times om jou op te beur:

Clive James, who died on Sunday at 80, mined such a rich vein of wit in his writing — poems, memoirs, translations, novels, song lyrics, intellec­tual journalism and a deep body of criticism — that he was, to his admirers, almost endlessly quotable.

“A sense of humor is just common sense, dancing,” he wrote. “Those who lack humor are without judgment and should be trusted with no­thing.” He said of George W. Bush that he “should not be delivering a State of the Union address. He should be delivering pizza.”

Reviewing a memoir by Leonid Brezhnev, he declared: “Here is a book so dull that a whirling dervish could read himself to sleep with it. If you were to recite even a single page in the open air, birds would fall out of the sky and dogs drop dead.”

He wrote that his own “prescription for making poetry popular in the schools would be to ban it — with possession treated as a serious misde-meanor, and dealing as a felony”.

En: His career was dedicated to that most important purpose of all: bullshit reduction.

Ek wonder wat hy oor die vakansietyd sou sê.

Sterkte. En groetnis!

Meer oor:  Vra Dr. Jani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.