Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra dr, Jani: Snelvuur-afdeling, in die styl van die ou ‘Flinkdink’

Piet Pyl van Polokwane skryf:

Wanneer ’n mens kos in die oond sit met foelie oor, moet die blink kant of die dowwe kant buite wees?

Dr. Jani antwoord:

My een oupa, wat vir die Nasionale Party gestem het, het vas geglo die blink kant buite. My ander oupa, ’n Sap, het weer verkondig dis beslis en uiteraard die dowwe kant. Dis ’n hoogs verpolitiseerde kwessie – bietjie soos Covid-19 in Amerika. Ek weet nie. Vra vir Anél Potgieter.

Babs Butler van Bothaville skryf:

Mense wat kla hulle kan nie hul chroniese medisyne by Clicks gaan haal nie weens die narre wat chaos daar saai oor ’n sjampoe-advertensie – is daar g’n ander manier om dit te kry as om dit fisiek te gaan háál nie? Allamapstieks, dis die jaar 2020.

Dr. Jani antwoord:

Ja, ’n mens sou dink die tegnologie is gevorderd genoeg dat so iets sommer tjop-tjop per satelliet in ’n mens se kop ingeskandeer kan word – byna soos met propaganda. Ek weet nie. Vra vir Elon Musk.

Sam Steyn van Standerton skryf:

Gaan Donald Trump of Joe Biden die Amerikaanse verkiesing wen?

Dr. Jani antwoord:

Ek weet nie. Vra vir Egmont Sippel.

Anet Adams van Alldays skryf:

Wat presies beteken “wringkrag”?

Dr. Jani antwoord:

Vra vir Leopold Scholtz.

Wim Welman van Windhoek skryf:

As jy altyd aan die regte kant van die geskiedenis is, maar niemand anders weet dit nie – het dit sin?

Dr. Jani antwoord:

Vra vir Twitter.

Lina Luther van Loeloeraai skryf:

Gaan Suid-Afrika oukei wees?

Dr. Jani antwoord:

Vra dít, nè? Sterkte. En groetnis!

Meer oor:  Vra Dr. Jani  |  Rubriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.