Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra dr. Jani: Verwyder dié data – jou kop is dan skoon en jy voel beter

Wolraad Woltemade van Wolmaransstad skryf:

Een van my vroegste herinneringe: My pa is siek in die bed. Op televisie wys die begrafnis van ’n NP-minister. My pa was so getroud met sy werk, hy het net oor naweke siek geword – verkieslik op Sondae.

Midde-in die statigheid van die kluitklap op die kis, het my pa na die TV-skerm gewys en gesê: “Ja, hy was korrup.”

Ek het dit skielik onthou nadat ek vroeër ’n bietjie “kop skoongemaak” het, soos rubriekskrywers dit noem. Ek het ontslae geraak van ’n oormaat data wat my skedel volprop – onder meer:

  • Regstreekse sittings oor staatskaping, grondsake of sake-skandale; ondervraers bars van hubris, die karakters in die kollig bieg en/of lieg.
  • Fynspog-Facebook-inskrywings met hoogs gestileerde foto’s van ’n doodgewone drankie wat iewers geniet word.
  • Rekenaars wat aandring op ’n wagwoord vir elke klein dingetjie wat ’n mens wil doen – “vir my eie veiligheid”. Niks is so besorg oor my eie veiligheid as my rekenaar nie. Maar ek sukkel om wagwoorde te onthou. Was dit We are not in Klerksdorp anymore 123, of was dit Kansas 123?
  • Studies oor wat vandag beskou word as gesonde eetgewoontes. (Dit sal môre weer verander.)
  • Uitsprake deur die EFF en . . .

Skielik kom ’n boodskap in my kop op wat lui:

You’ve freed up 243 MB of internal storage. DONE. Your device has been optimised.

Ek voel toe baie beter.

Dr. Jani antwoord:

Ken jy die laaste toneel van Stanley Kubrick se Dr. Strangelove or: How I Learned to Stop Worrying and Love the Bomb?

“Sir, I have a plan, heh . . .”

Verbaas staan die wetenskaplike uit sy rolstoel op en roep aan die Amerikaanse president: “Mein Führer, I can walk!”

Dan ontplof kernbom op kernbom en Vera Lynn sing:

We’ll meet again,

Don’t know where,

Don’t know when,

But I know we’ll meet again,

Some sunny day.

Keep smiling through,

Just like you always do,

’Till the blue skies drive the dark clouds far away . . .

Google dit. Nogal terapeuties.

Sterkte. En groetnis!

Meer oor:  Vra Dr. Jani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.