Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra dr. Jani: Voetsoolvlak bied ’n goeie perspektief aan proffie

Professor Jan Alleman van Pretoria skryf:

Dr. Jani, terwyl ek aan jou tik, staan ’n betogende student met sy regterskoen op my rug; ek lê op die grond (dis nogal ’n elegante skoen, mind you – eksklusief aan boetieks in Parys en Milaan); en die student kyk op sy nuwe iPhone na ’n ironiese boodskap wat ’n vriend pas aangestuur het insake Terrence Malick se rolprent Badlands en die destydse plaaslike TV-reeks Shaka Zulu.

Dan lag hy en roep: “Viva, viva, laat hy val waar hy wil!” en ons biblioteek begin brand, en ek sidder en sukkel om die regte leestekens te tik hier op my maag in die stof. Of straks is dit maar net my ou Samsungtjie se outydse ontwerp.

Ja, dit is goed om ’n perspektief van voetsoolvlak te kry – ’n ander blik op die wêreld.

Maar. Eina. Demmit.

Dr. Jani antwoord:

My Oom Abrie maak die braairooster skoon ná gister se groot ritueel en ek lees ’n roman van ou Denis Johnson – ’n mens hou van die karakters, hulle is so desperaat, maar die keuses wat hulle maak, die goed waarin hulle hul begewe, maak alles net erger.

Hul daaglikse lewens is nie soos ’n grafika van groei – met ’n mooi opwaartse kurwe – wat in Sake-Rapport kon verskyn nie:

He had a feeling he was going to find out something terrible about himself, something even worse than that he was a murderer, something so essentially true as to be completely unbelievable. He dreamed of witnesses. The twisted relatives behind the glass...

Ek dink wat by Suid-Afrika se universiteite gebeur, is abnormaal.

Maar toe ek soveel dekades gelede by die Puk gestudeer het – was dít normaal? So stabiel, en tog so eksklusief met sy eie abnormale reëls oor dans en mense wat nie wit is nie.

Soos my niggie Bernadette se seun altyd sê wanneer hy in sy huiswerk vashaak met die 12x-tafel: “I dunno, man.”

In elk geval, beste professor, in die boek praat ’n karakter met sy prokureur:

“The prosecution is offering you this deal: You agree to plead guilty to first-degree murder, and they’ll agree to do everything they can to execute you. The Assistent DA says it’s almost like going free.”

“Does it hurt?”

“What?”

“Does it hurt. The gas. If it don’t hurt, I’ll do it. Does it hurt?”

“You can’t imagine.”

Sterkte. En groetnis!

Meer oor:  Vra Dr. Jani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.