Sharon Stone van Paternoster skryf:
Bob Dylan het die Nobelprys vir letterkunde gewen. Kan jy dit glo?
Op die sosiale media sien ek hoe reaksies instroom. Ene E.M. Remarque skryf op Facebook:
With the dead man’s pencil I write the address on an envelope, then swiftly thrust everything back into his tunic. I have killed the printer, Gérard Duval.
V. Nabokov reageer:
The road now stretched across open country, and it occured to me – not by way of protest, not as a symbol, or anything like that, but merely as a novel experience – that since I have disregarded all laws of humanity, I might as well disregard the laws of traffic. So I crossed to the left side of the highway and checked the feeling, and the feeling
was good.
J. Miles laat weet:
Dis tóé dat ek my weer gehoor het: Maar Stephen, jy kan mos nie so iets
sê nie.
J. Franzen het ook ’n eiertjie te lê:
“Yeah, so, anyway, Dad, um – do
you have a second?”
“Go ahead.”
“Yeah, well, so, I guess the thing is, I’m sort of in some trouble.”
“What?”
“I said I’m in some trouble.”
It was the kind of call that every parent dreaded getting; but Walter, for a moment, wasn’t feeling like Joey’s parent. He said, “Hey, so am I! So is everybody!”
Ons is almal in die moeilikheid as Dylan dié prys wen. Is Karlien van Jaarsveld ’n Hertzogpryskandidaat?
Dr. Jani antwoord:
Ek weet daar is die persepsie van ’n ongesonde verhouding met Bob Dylan in ons huishouding. Deels waar. Maar dit is nie ’n Zuma-Gupta-situasie nie.
(Gister probeer ’n booswig my vriendin Gerda se beursie gaps.
“Gelukkig darem net my beursie, nie Suid-Afrika s’n nie,” lag sy later. Geskud dog verlig.)
Het jy gesien wat E. Leroux sê?
“Mag ek dit noem,” sê die Minister, “dat daar in die hele rampgebied slegs ses persent ongevalle was.”
Die minister beskou die gehoor. Komperbepaalde syfers in verband met menselewens het geen betekenis nie.
Sharon, jy moet sterk staan.
Die gehoor kyk na die Minister. Hulle dra kennis van rampe en terreur dwarsdeur die wêreld. Wat probeer die Minister sê?
(Ek stem saam met jou.)
Hulle juig hom toe toe hy gaan sit en aldus die einde van sy toespraak aandui. Daar is geleentheid vir vrae. Maar niemand vra ’n enkele vraag nie.
(En groetnis.)