Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra dr. Jani: Wanneer wat in Wisconsin gebeur het, nie daar bly nie

Jannie Walker van Welkom skryf:

Die ander aand gebeur iets wat my tot diepe selfondersoek dwing.

Dit was heel onskuldig – ’n WhatsApp-boodskap aan ’n groep ou skoolvriende. Ek het geskryf: “Wat gister by die betogings in Wisconsin gebeur het gaan Trump weer laat wen, dink ek.”

Toe ek dit herlees, klink dit só: “Wat gister by die betogings in Wisconsin gebeur het gaan Trump weer laat wen, dink ek.”

So alwetend en finaal – soos die stem van my oupa, en ek is nog nie eens 50 jaar oud nie.

Sjoe, die onbedoelde dreigende toon, soos wanneer my ma per ongeluk haar Caps Lock aan vergeet: “Geseënde Kersfees! Lekker dag vir julle almal!”

Wat weet ek tog van die Amerikaanse politiek?

Het ’n joernalis my gebel vir kommentaar?

Gaan ek volgende dinge begin kwytraak soos dat pres. Ramaphosa nie iets bedoel het wat hy gesê het nie?

Of dat hy steeds stewig in die saal sit?

Of dat hoe meer agterbaks die ANC raak, hoe hoër my verwagtinge van die DA is?

Of dat net die tyd sal leer?

Hoekom voel ek skielik so oud?

Dr. Jani antwoord:

Wat my verstom oor wat in Wisconsin gebeur het, is dat verskillende kante van die politieke spektrum presies dieselfde gegewens gebruik om tot twee totaal verskillende gevolgtrekkings te kom: Die een kant dink die 17-jarige met die semi-outomatiese geweer is ’n held wat uit selfverdediging opgetree het. Die ander kant meen hy is ’n white supremacist en ’n moordenaar.

(My eksman sê hy kies nie kant nie, maar aangesien die drie betogers wat die 17-jarige geskiet het, óók wit is, klink dit vir hom na ’n bra amateuragtige white supremacist.)

Ek kyk deesdae weer die reeks House of Cards, en dis so onskuldig en ver verwyder van die politieke en ander gebeure van 2020. As die jaar 2020 ’n draaiboek was, sou mense sê dit sal nie werk nie, dis net te ongeloofwaardig. (Wat hét geword van Kevin Spacey?)

En: As jy op Twitter is, klim af – dis besig om jou gek te maak.

Sterkte. En groetnis!

Meer oor:  Donald Trump  |  Vra Dr. Jani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.