Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra dr. Jani: Wat gebeur nadat Hugo die polisie gebel het?

Bles Terbrugge van Nigel skryf:

Ek sukkel met slapeloosheid. Elke keer as ek my oë toemaak, sien ek weer daardie Daihatsu. Die witte.

En dan begin Jak de Priester sing:

Êrens in Pretoria-Noord, kom Afrikaners uit ’n ander oord / Mans loop sonder hemde, of met wessies aan / Vrouens in ’n sweetpak wat mekaar wil slaan.

Probeer hy spot met Dozi? Of Beeskraal? Luister bietjie wanneer die konsertina begin speel.

Kinders by dosyne / Honde op die beddens / En dwergies in die tuin / Daar is brandewyn en Coke / Daar’s Black Label langs die bed.

Dr. Jani, ek sweer ou Jak ken ook daardie “17 Shots”-liedjie van Christia Visser waarvoor ek so lief is.

Noudat ek daaraan dink, hy hou hom bietjie David Kramer met die manier waarop hy die storie laat loop.

Eendag stop ’n karretjie / Hy’s wit en kort ’n diens / Die buurvrou aan die oorkant, sy laat niks ongesiens / Die vrouens gryp net hare, slaan ’n man met ’n sambreel / Die huurders in ’n vuisgeveg, die buurvrou met die selfoon hyperventilate . . . / Maandag is jul uit!

Jak sing die buurvrou is next level. Haar selfoon is altyd reg.

Next level is mos Parow se woord?

Maar dan kom die vrae waaroor ek nou elke nag lê en tob.

Ek wonder altyd by myself wat moet die mense dink / Die buurman loop so hinkepink / Maar wat van al die babas? / Wie gee die diere kos? / Selfs die duiwel woon in Waterkloof, maar Jerry Springer is hier los.

En dan:

Almal het geëmigreer / Die slimmes is nou weg / Maar Pretoria-Noord gaan viral met ’n Afrikaanse vuisgeveg.

Ek het nooit gedink ek sou dit sê nie, maar ek verlang vanaand skoon terug na Adriaanus en sy naamlose dames. Wat sal Laurika dink?

Dr. Jani, dankie dat ek kon afpak. Ek laat die refrein by jou:

Sy sê Hugo, bel die polisie / Want die bure oorkant het ’n bietjie van ’n rusie / Sy sê Hugo, bel die polisie . . .

Lekker slaap.

Dr. Jani antwoord:

Bles, raak vir my rustig. Jak se woorde laat my baie dink aan hierdie liriek van Valiant (maar eintlik glad nie): As die bitter branders uit my vingers sypel / En my woorde wapper soos wit verslete seile / Sien ek jou soms deur die stoom van die dans / En skree jou naam oor ’n koue oseaan.

Meer oor:  Vra Dr. Jani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.