Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra Dr. Jani: Wie word die munisipale Toro de la Peña gespaar?

Kallie Knoetze van Klerksdorp skryf:

Ek droom gisternag ek trou met ’n Russiese vrou. Dis die dag van die seremonie, daar is honderde gaste. Ek het die bruid nog nooit vantevore ontmoet nie. Ook nie haar familie nie. Dis my troudag, maar niemand ken my nie. Almal is opgewonde en skarrel om die kostafel – daar is kaviaar en bordjies beetsop.

Ek is aanvanklik angstig oor die groot misverstand, maar besef dan dit pla regtig niemand anders nie.

Ek gee my gelate oor aan die gebeure. En toe raak die partytjie lekker.

Ek skrik wakker toe my wekker lui – ek moet die stad se munisipale kantore gaan besoek, dokumente moet betwis en geld opgedok word.

Ek weet dit kan ’n lang dag word, boonop met die Covid-19-maatreëls wat sake verder stadiger maak.

  • Sal ek die gewag omkry deur te kyk of my tante van PE, wat terloops op ’n haar lyk na Angela Merkel, nuwe katfoto’s op Instagram geplaas het?
  • Sal ek ’n paar rubrieke lees waar iemand se persoonlike ervaring van die inperking geëkstrapoleer word na die leefwêreld van elke ander persoon in Suid-Afrika?
  • Sal ek soek vir nuwe video’s waar Trump of Biden belaglik lyk?

Nee. Ek moet liewer ’n boek saamneem om die tyd om te kry. Kafka? Nogal gepas. Etienne Leroux? Marita van der Vyver?

Wat van Hemingway?

En daar wag ons by die munisipale kantore – getroue burgers, so gehoorsaam en plooibaar soos ’n peleton op die Rooiplein, maskers aan, sosiaal gedistansieer, ore gespits vir ’n volgende aankondiging deur die minister van gesondheid op Radio Zeesen.

Twee uur later draai die vrou voor my om en vra: “Wat lees jy?”

Death in the Afternoon.”

Sy rek haar oë en skuif ’n entjie verder van my weg.

Ek lees verder:

At the first bullfight I ever went to I expected to be horrified and perhaps sickened by what I had been told would happen to the horses. Everything I had read about the bull ring insisted on that point; most people who wrote of it condemned bullfighting outright as a stupid brutal business, but even those who spoke well of it as an exhibition of skill and as a spectacle deplored the use of horses and were apologetic about the whole thing . . .

Dr. Jani antwoord:

Ek is op verlof.

Meer oor:  Vra Dr. Jani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.