Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vra eerder wat jý kan doen oor koronavirus
Jan-Jan Joubert

Tot nou vaar ons regering op die oog af goed met die bekamping van die koronavirus. Daaroor stem alle redelike Suid-Afrikaners saam.

Dié prestasie gaan ten seerste getoets word wanneer aantoonbare infeksies begin toeneem. Die inkubasieperiode waartydens jy die virus kan hê sonder om die simptome te vertoon, is 14 dae. Wat ons dus tans in die syfers sien, is die situasie soos dit 14 dae gelede was.

Op die nogal indrukwekkende en baie lang nuuskonferensie van die kabinetsministers gister het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, ’n belangrike punt gemaak, naamlik dat die ware toets vir die hantering van die siekte sal kom wanneer dit die townships en stamgebiede van die land tref.

Tot nou is Suid-Afrikaners van alle rasse getref, ja, maar nog nie van alle klasse nie. Al die gevalle is oorsee opgedoen, dus deur mense wat dit kan bekostig om oorsee te reis. Ek fokus dus hierdie rubriek op lesers in die middel- en hoë inkomstegroepe wat huisbediendes en tuiniers in diens het.

ou dus sover moontlik jou huisbediende en tuinier teen volle loon of salaris in diens, in landsbelang, en indien moontlik, stuur diesulkes op betaalde verlof tot ná Paasfees.

Hier is my pleidooi: Wat die koronavirus betref, is dit belangrik wat die regering doen, maar dit is ook belangrik wat jý doen. Hou dus sover moontlik jou huisbediende en tuinier teen volle loon of salaris in diens, in landsbelang, en indien moontlik, stuur diesulkes op betaalde verlof tot ná Paasfees.

Ek kan dit doen en ek gaan dit doen, maar ’n mens aanvaar almal se omstandighede verskil. Die salaris of loon wat die huishoudster of tuinier ontvang, mag dalk karig wees, maar in ’n land met ’n werkloosheidsyfer van 29% is dit dikwels ’n hele uitgebreide gesin se enigste inkomste.

Mense gaan sterf sonder daardie inkomste, en onstabiliteit in die land (wat kan oorspoel op bevoorregtes) kan toeneem as inkomstes opdroog.

Dit is ook verkieslik om jou huishoudster of tuinier huis toe te stuur as hulle wil gaan. As jy dink dis ’n uitdaging om jou kinders besig en aan die leer te hou, dink aan jou huishoudelike werknemer.

Betaalde verlof is dus verkieslik.

Hy of sy moet daagliks hul kinders agterlaat in die dikwels skrikwekkende maatskaplike omstandighede van townships. Baie van daardie kinders se skole gaan nie die soort skoolwerk verskaf wat private of voormalige model C-skole verskaf nie. Sonder toesig gaan daardie kinders strate toe, waar die bendes en ander kriminele wag om hulle leed aan te doen.

Dink aan die kommer van jou huishoudelike werknemer oor haar kinders. Gewoonlik stuur soveel township-ouers as wat kan hul kinders oor die vakansie platteland toe, maar hierdie skoolverposing het té skielik gekom.

Boonop kan taxi’s en ander openbare vervoer kiemputte word – wat ook geld vir die werknemer se daaglikse reis na jou huis en vir langafstand-reise na die platteland. Betaalde verlof is dus verkieslik.

Help ook waar jy kan. Dink hoe was mense hul hande as hulle nie water het nie? En hoe koop hulle strategiese voorrade aan sonder geld of bêreplek, of sonder elektrisiteit en ’n yskas?

Nou is die tyd om aan ander te dink, en eerste aan die ander wat sorg vir jou huishouding.

  • Joubert is ’n onafhanklike kommentator.
Meer oor:  Jan-Jan Joubert  |  Huiswerker  |  Covid  |  Tuinier  |  Koronavirus  |  Lone  |  Hulpverlening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.