Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vrae, besware oor nuwe seks-leerplan
Isak Burger

In die Judeo-Christelike godsdiens het die huisgesin nog altyd ’n prominente plek ingeneem. Waarskynlik is dit ook die geval met ander godsdienste.

Een van die bekendste beskrywende titels van God is “Vader”. Die eerste mens wat deur God geskape is, was onvolledig totdat hy ’n vrou gekry het wat by hom pas. Daar is kinders gebore en die huisgesin was voltooid.

Terwyl dit nie die plek is om ’n uitleg van die betekenis en rol van die huisgesin in die Bybel te gee nie, is die belangrikheid van die huisgesin regdeur die Bybel merkwaardig. Dit was die basiese bousteen van die volk van die Here en in die Nuwe­ Testament dié van die gemeente.

Die liefdevolle, geordende gesinstruktuur was sonder twyfel die ideale raamwerk wat God bedoel het om verantwoordelike, gebalanseerde mense vir die lewe en samelewing voor te berei.

Daar is ’n direkte verband tussen die algemene toestand van gesinne en dié van die samelewing. Een van die grootste tragedies van ons tyd is die ondermyning en verbrokkeling van die huisgesin.

Die meeste maatskaplike krisisse in ons land hou direk of indirek verband met die ongekende voorkoms van wanfunk­sionele gesinne.

Die meeste maatskaplike krisisse in ons land hou direk of indirek verband met die ongekende voorkoms van wanfunk­sionele gesinne. 61% van kinders word groot sonder ’n biologiese pa wat betrokke is by hul opvoeding. Soms is daar wel lede van uitgebreide families – oumas, oupas, ooms en tannies – wat as ankers en rolmodelle vir kinders kan dien.

Terwyl die rol van ma’s van onbetwiste belang is, kan die rol van pa’s kwalik oorbeklemtoon word – vir seuns en meisies. Omvattende navorsing in dié verband toon dit onteenseglik aan. Kinders met betrokke pa’s het gewoonlik meer emo­sionele sekuriteit, groter selfvertroue, is meer ondernemend en slaag beter in verhoudings. Meisies sonder ’n pa is meer geneig tot wanfunksionele verhoudings en ’n gebrek aan selfwaardering.

Ten spyte van die gebrokenheid van gesinne in Suid-Afrika, mag en kan die owerheid nie die primêre opvoedkundige rol en verantwoordelikheid van ouers oorneem nie. Dit is oënskynlik wat die departement van basiese onderwys van plan is om van volgende jaar af te doen met die Comprehen­sive Sexuality Education-program van Unesco vir alle leerlinge in staatskole van gr. 4 tot gr. 12. Die hoë voorkoms van swangerskappe en seksuele misbruik van kinders op skool word as die beweegrede daartoe gegee.

Die verbrokkeling van tradisionele gesinstrukture en die toenemende morele en geestelike verval in ons samelewing lê aan die wortel van hierdie probleem.

Daar is wel vele grondige vrae en besware wat ouers oor dié lesmateriaal kan hê, soos: Wat is die werklike motivering vir hierdie “seksualiseringsprogram” en waarom die gebrekkige konsultering met ouers en onderwysliggame?

Die onsensitiwiteit en selfs arrogansie van die departement oor die besorgdheid van ouers en onderwysliggame wek agterdog.

Meer oor:  Isak Burger  |  Seksonderrig  |  Kinders  |  Disfunksionele Gesinne  |  Opvoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.