Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vrae oor CR se Jan Tuisbly-plan

Pres. Cyril Ramaphosa het aangekondig hy gaan nie die Verenigde Nasies se algemene vergadering later vandeesmaand in New York bywoon nie omdat hy op huishoudelike kwessies wil konsentreer.

Dit is belangwekkend, want dit sou sy eerste bywoning gewees het sedert hy vanjaar tot president verkies is.

Hy gaan ook die staatshoofdeberaad oor klimaatsverandering misloop.

Die simboliek is belangrik, maar wat hy en sy regering in daardie tyd gaan doen, is belangriker as enige simboliese optrede. Ek sê dit omdat Ramaphosa tuis was toe die land in vlamme opgegaan het – en sy regering se pogings om die vlamme te voorkom of minstens te bedwing, was teleurstellend.

Wat ek verlede Sondag in Jeppestown beleef het, is moeilik te verwerk. Grootliks hostelinwoners het in Murraypark in die ooste van Johannesburg byeengekom om te hoor wat aan die buitelander-kwessie gedoen word. Dit was meestal plaaslike inwoners wat om die een of ander rede wil hê buitelanders moet die land verlaat.

Die betogers het voertuie verniel, geboue met klippe bestook en selfs mense aangerand. Die polisie het niks gedoen nie.

Bheki Cele, minister van polisie, moes hulle toespreek, maar hy het gekanselleer – blykbaar ten gunste van ’n imbizo van koning Goodwill Zwelithini.

Mangosuthu Buthelezi, vorige IVP-leier, het die skare gevra om aanvalle op buitelanders te staak. Maar van hulle het onrustig geraak, óf omdat hulle nie saamgestem het nie óf omdat van hulle blykbaar nie kon hoor wat hy sê nie. Hulle het toe ’n impromptu optog na die middestad begin. Die polisie het hulle gevolg, pleks van om ’n duidelik onwettige optog te stuit.

Die betogers het voertuie verniel, geboue met klippe bestook en selfs mense aangerand. Die polisie het niks gedoen nie. Agterna is oor een sterfte en etlike beserings berig. Dit maak regtig nie sin nie. Dit boesem ook nie vertroue in die polisie in nie. Wat is die doel van die polisie anders as om lewens en eiendom te beskerm?

Ook in ander plekke in die land is betogers toegelaat om amok te maak. Die polisie het sedertdien aangekondig meer as 600 mense is landwyd weens die geweld in hegtenis geneem. Maar hoeveel van hulle gaan vervolg en skuldig bevind word?

Die meeste mense wie se huise en winkels vernietig is, het gekla dat die polisie net gestaan en toekyk het.

Hoekom? Is die polisie oorversigtig uit vrees vir ’n tweede Marikana?

Hoekom? Is die polisie oorversigtig uit vrees vir ’n tweede Marikana? Of glo hulle heimlik, soos die betogers, dat buitelanders die land moet verlaat?

Dit antwoord is kompleks, want die polisie moet inderdaad versigtig wees om nie ’n reeds plofbare situasie te laat ontvlam nie. Maar hulle moet ook hul basiese plig nakom om lewens en eiendom teen misdadigers te beskerm. Jy kry die gevoel dat as hierdie misdadigers eers ’n verskoning gevind het om buitelanders te begin aanval, hulle onkeerbaar is (selfs in die polisie se teenwoordigheid).

Ons beleef nou ’n blaaskans, maar sodra die geweld weer begin, sal die land weer sonder ophou brand. Dit is tans ons realiteit. Dit is hoekom ek skepties is as Ramaphosa sê hy gaan tuisbly om kwessies op te los. Wat gaan hy dié keer doen wat anders is?

Verlede week het hy ’n ingeoefende boodskap aan die nasie gestuur waarin hy kalmte bepleit en regstappe beloof het om vroue en kinders te beskerm en xenofobie te takel. Sonder sigbare optrede klink sy woorde hol.

Ná soveel belofte lyk Ramaphosa na ’n goeie ou wat nie sy hande wil vuil maak nie. Soms kry ’n mens die idee die land rafel voor ons oë uit terwyl desperaat na leierskap gesoek word. Dit is ná minder as 100 dae in sy amp onregverdig om hom te streng te beoordeel, maar tans is daar meer vrae as antwoorde.

  • Tabane is City Press se politieke redakteur

Meer oor:  Rapule Tabane  |  Buitelanders  |  Jan Tuisbly  |  Xenofobie  |  Cr  |  Protes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.