Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vrae oor Naspers - asook TV-reus

Een van die belangrikste mediaboeke wat verlede jaar verskyn het, is Ton Vosloo se herinneringe, Oor grense (Jonathan Ball).

Hy raak daarin verskeie omstrede sake aan wat verdere gesprek benodig. Een daarvan is die nieverskyning van ’n omvangryke geskiedenis van Naspers in 2015.

Johannes Froneman

Die boek is deur prof. Lizette Rabe nagevors en geskryf, maar Naspers se voorsitter, Koos Bekker, het ’n stokkie daarvoor gesteek. Hieroor was Vosloo nie gelukkig nie en in Februarie 2016 het hy in sy afskeidstoespraak ’n beroep op sy gewese assistent gedoen om die besluit te heroorweeg.

Die voorsitter het nie gehoor gegee aan die gewese voorsitter se versoek nie.

Of dalk het hy dit heroorweeg – en tot dieselfde gevolgtrekking gekom: die boek sal nie Naspers se belange dien nie. En aangesien Naspers die kopiereghouer is, was dit basta.

Tog glo Vosloo dat die boek wel eendag gepubliseer sal word. So sal die saak dalk tog reggestel word, want Rabe (en haar kritiese leser, Vosloo) het groot werk ingesit. Boonop is hulle die lojaalste mense om oor Naspers se eerste 100 jaar te skryf.

Die gevolg van die Bekker-veto was dat Rabe ’n bundel saamgestel het waarin verskeie Naspersers en ’n paar buitestanders bydraes oor Naspers gelewer het en wat toe wel in die eeufeesjaar verskyn het onder die titel Voortgaande revolusie (Tafelberg). Die boek bevat allerlei interessante bydraes, maar is nie die ware Jakob nie. Altans nie die omvangryke, deeglik nagevorste boek waarna ons so uitgesien het nie.

Bekker se reg om die boek nie uit gee nie, word nie betwis nie. Wat ek wel op die tafel wil plaas, is die gevaar dat ’n konglomeraat soos Naspers die vrye vloei van menings kan inhibeer (selfs stopsit). Prakties gesproke: As ’n boek oor Naspers gestop kan word omdat dit Naspers se belange dalk nadelig kan raak, is daar nie ’n gevaar dat Media24 se nuuswebblaaie of koerante ook gesensor sal word nie?

Maar hoe baat dit Media24 se koerante? Word MultiChoice-wins gebruik om hulle te help? Moet ten minste ’n deel van die MultiChoice-geld nie in ’n trust geplaas word om die koerante te ondersteun nie?

Die ou warme verhouding tussen die koerante en MultiChoice is opsigtelik nie meer daar nie, hoewel die Afrikaanse koerante ’n logiese band met kyk- NET het. Hulle dien immers dieselfde groep mense. Hierdie Afrikaanse lesers en kykers word gedien deurdat elkeen sy werk professioneel doen, sonder aansiens des persoons.

’n Vraag wat Media24 se nuusblaaie gerus kan opvolg, is waarom (en wanneer) M-Net (wat mettertyd Multi­Choice geword het met DStv as ’n belangrike winsmasjien) sy oorspronklike doel ontgroei het.

Vosloo vertel hoe hy by PW Botha en ander gaan pleit het vir die reg om met die SAUK mee te ding. In die 1980’s het die SAUK die advertensiekoek tot nadeel van die dagblaaie verorber en dié koerante het gevaar geloop om almal te vou.

M-Net het meegeding en die lisensie gekry. Die res is geskiedenis en nou is daar planne om MultiChoice afsonderlik op die aandelebeurs te noteer.

’n Waarde van R80 miljard word glo aan die maatskappy gegee. Feit is dat die Engelse koerantgroepe hul aandele vir ’n pot lensiesop verkwansel het en dat Naspers MultiChoice ten volle beheer. Geen probleem daarmee nie.

Maar hoe baat dit Media24 se koerante? Word MultiChoice-wins gebruik om hulle te help? Moet ten minste ’n deel van die MultiChoice-geld nie in ’n trust geplaas word om die koerante te ondersteun nie?

Vosloo vra self of ’n trust nie oorweeg moet word nie, maar hy koppel dit nie aan MultiChoice-geld nie. Waarom nie? Is dit nie ’n ereskuld nie?

  • Prof. Froneman is self ’n oud-Nasperser en is aan die Noordwes-Universiteit verbonde.
Meer oor:  Naspers  |  Johannes Froneman  |  Ton Vosloo  |  Menings  |  Rubriek  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.