Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: ANC het nou ’n ACE-like probleem
Spotprent
Spotprent

Vryburger weet die verhoudinge in die ANC is redelik kil op die oomblik, daarom sal ons sommer dadelik die ACE breek met ’n paar grappies, hoe ACE-ingwekkend dit ook al mag wees vir die RET-faksie.

Verskeie navrae is ontvang oor waarvoor die RET nou eintlik staan, en omdat Vryburger glo in die waarheid, eerder as fopnuus, klaar hy gerus die saak op. Ace Magashule, Jacob Regop en hul meelopers praat van die RET as Radikale Ekonomiese Transformasie.

Ons almal weet egter die afkorting behoort eerder te wees RES – Radikale Ekonomiese Sabotasie. Daar is nou niks oor nie, en Zuma en Ace kan die RES kry.

Net die spits van die ACE-berg

En terwyl die ANC se Titanic op ’n ACE-berg afstuur, kyk Vryburger oudergewoonte maar net gelate toe met sy drankie op ys, want hy’t dié ding mos op ’n afstand sien kom.

ACE-koue verhoudinge tussen pres. Cyril Ramaphosa en Ace het nog nooit ontdooi nie, selfs al sê die regerende party se kollektief hulle ver-ACE eenheid van hul lede.

Kennelik bly dit ’n ACE-like probleem.

Spotprent
Spotprent

Soms weet beeste die meeste

Intussen hoor Vryburger die whisky-proppe klap behoorlik in die kamp van onse Cyril.

Terwyl die koeie van die Vrystaatse Gupta-melkery vir Magashule diep in die sop het, het Ramaphosa, die grootste teler van Ankole-beeste in die land, so rofweg R3 miljoen weggedra op ’n onlangse veiling.

Wys jou wat die verskil is tussen vooruit boer en agteruit boer.

Stadig oor die klippe, reken Vryburger egter, want die land wag met ingehoue asem dat die res van die ANC dit nou ook insien.

Maar hoe lui die spreekwoord nou weer? Agteros kom ook in die kraal.

Meer oor:  Vryburger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.