Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: Cyril gee ons toe ’n nuwe ‘happy hour’
Spotprent
Spotprent

In hierdie donker tye is daar maar skrale troos vir die diep waters waardeur ons gaan. En asof die waters nie reeds diep genoeg is nie, sê onse Cyril toe Sondag al waaraan ons voortaan diep kan teug, is einste water.

Dit laat Vryburger dink aan vergange dae toe jy nog kon afsak na jou plaaslike watergat en met happy hour ’n enkel bestel en ’n dubbel kry. Toe gee Cyril ons die Nkosazana-happy hour: Vir die prys van ’n enkelverbod kry jy dubbelverbod!

Enoch se eenoog-plan

Asof die ekonomie en die rand nie reeds genoeg skade gely het nie, stel Enoch Godongwana, die ANC se hoof-tamboerslaner oor ekonomiese transformasie, nóg ’n ekonomiese herstelplan bekend: “Reconstruction, Growth and Transformation: Building a New, Inclusive Economy”, heet die grandiose plan.

Maar al wat Vryburger sien, is dieselfde ou uitgediende idees en vae versugtinge. En die ANC het natuurlik nog nooit ’n tekort aan planne vir die ekonomie gehad nie.

Daar was die HOP (dit het ge­flop); Gear (wat nie in rat wou kom nie – nie in Manuel of in automatic nie); Asgisa (askies, maar wie onthou nog waarvoor dit gestaan het?); die Nuwe Groeipad (waarmee die ANC verdwaal het); die Nywerheidsplan van Aksie (ons wag nog op satisfaksie); die Nasionale Ontwikkelingsplan (ons sien die plan, maar waar is die ontwikkeling?).

Julius en Floyd op die loopplank

Julius Lagerfeld en Floyd Versace van die EFF hou deesdae hul lyf model om die klere in die EFF se nuwe aanlynwinkel aan voornemende kopers te wys.

Dié twee populistiese mannekyne pak model-gesiggies uit wat Derek Zoolander na sy asem sal laat snak.

Vryburger is egter bekommerd as ’n party soos die EFF eers e-handel betree.

Hulle nasionaliseer sommer Takealot en herdoop dit na Take-everything – húlle koeriers kom haal in ’n japtrap jóú besittings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.