Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: Doe-doe-doe, jong Duduzile en Duduzane
spot
De Duu duu daa, ek soek my pa, pa, paaa ...

Die Zuma-jongspan, wat soos ons weet vorendag gekom het met die idee van “verantwoordelike plundery” (opgeklits met verbloemde en minder verbloemde aanhitsings tot openbare geweld) in Pappa Nommer Een se naam, is nou skielik effens stiller. Vryburger hoor hulle het ’n paar streng vermanings van wetstoepassers gekry, maar dis dalk nog te vroeg om rustig te slaap.

Maar toemaar, Nommer Een en sy kroos slaap darem vanaand rustig in die wete dat die Guptas baie lief was vir hulle.

Om die waarheid te sê, Vryburger wil hulle sommer met hierdie wiegeliedjie aan die slaap sus:

Lamtietie damtietie, Guptas se liefstetjies

Staatskas-rowertjies, dierbaarste diefstetjies

Luister hoe fluister die mense by die stembussie:

heen en weer lieg hy hom al oor die waarheidjie

Doe-doe-doe Zumatjies, slapenstyd nadertjie Doe-doe-doe blommetjies, nag is aan kommetjie.

spot
My geliefde verdagte ...

Waar kry jy deesdae ’n Zuma-ondersteuner?

Ja, dis nogal vermaaklik hoe jy deesdae nogal ver moet soek na iemand wat Zuma ondersteun (dis nou behalwe vir sy onmiddellike familie, Carl Niehaus, Ace Magashule en ’n paar ander meelopers van bedenklike morele inbors).

Vryburger ag dit daarom net sy patriotiese plig om 198 ANC-LP’s te herinner aan die “motion of no confidence” van Augustus 2017 waarin ANC-LP’s die eerste keer die kans gehad het om volgens hul gewetens te stem. Dit het toe uitgedraai as die “motion of no conscience”. Want die meerderheid ANC-LP’s het daardie dag gesê die Zuptaman moet bly.

Vryburger herinner die ANC-LP’s daarom graag daaraan dat hulle asseblief nie vir hul kinders, kleinkinders en agterkleinkinders moet vertel dat dit net Zuma of ’n paar ministers is wat deur die Guptas gekaap is nie.

Meer oor:  Vryburger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.