Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: EFF verruil rooi oorpakke vir rooi wange
vryburger

Dit was mos nie te lank gelede nie toe Julius Malema en sy spannetjie rooi oorpakke ywerig geskreeu het: “Pay back the money!” – wat uiteindelik ’n oorlogskreet oor die Nkandla-skandaal geword het.

Maar nou is dit nie meer Malema en die rooi oorpakke nie, maar eerder Malema en die rooi gesigte, want die skoen is nou aan die ander voet. Ter sprake is die VBS Mutual-bankskandaal en die R2,7 miljard wat by dié bank gestroop is.

Intussen het Brian Shivambu, broer van Floyd Shivambu, stil-stil ingestem om sowat R4,5 miljoen terug te betaal wat hy en sy maatskappy, Sgameka Holdings, blykbaar ontvang het.

Nou ja – nou skree Vryburger ook: “Pay back the money.” En in die gevleuelde woorde van Julius Malema: “How will you be paying back the money? EFT, cash or e-wallet?”

vryburger

Gwede gaan van krag tot krag

’n Ander man wat deesdae met ’n redelike rooi gesig sit, is Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie. Weens sy rooi onderrok wat pal uithang, het hy tot dusver alle voorstelle dat private kragopwekking tot ’n perk van 50 MW toegelaat word, gekortwiek.

Maar toe kom sy baas, pres. Cyril Ramaphosa, en hy kondig eensklaps aan dat die perk 100 MW sal wees.

Al het Vryburger nog altyd aan Mantashe gedink as die politieke weergawe van beurtkrag, moet hierdie ingryping selfs vir hom, wel, ’n redelike “skok” wees. Want anders as in groot dele van die regering, is daar wel nog “krag” in die private sektor.

Die Gupta-drie en die Tembisa-tienling

Vryburger wens sy vriende by Independent Media geluk met die hantering van die storie oor die sogenaamde Tembisa-tienling.

Daar’s nou amptelik meer mense op soek na die tienling as na die Guptas.

Meer oor:  Vryburger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.