Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: Gwede slaan toe ons naam met ’n plank
spot
Spotprent

Die Slaan-Suid-Afrika-se-naam-met-’n­plank-wisseltrofee gaan vandeesweek aan Gwede Mantashe, ons minister van minerale en energie. In sy toespraak by ’n mynboukonferensie in Australië het hy groot gewag gemaak van die mineraal “hazenile” wat kwansuis onlangs in die Kango-grotte ontdek is en ontgin sal word en van groot waarde sal wees vir alternatiewe energie.

Vryburger vermoed Mantashe het prof. Google geraadpleeg met die skryf van die toespraak. Met dié het hy dalk nie opgelet nie dat sy inligtingsbron op ’n mynbouwebtuiste verskyn wat melding maak van “hazenile” (asook die mineraal “unobtanium”) en eintlik ’n Aprilgrap was.

Enersyds wil Vryburger Mantashe waarsku teen die gevare van Google as dit kom by toespraak skryf. As jy nie versigtig is nie, praat jy sommer maklik strontium. Andersyds wil Vryburger mynbou in ’n paar ander minerale voorstel, want daaraan het die ANC ’n oorvloed: Arogantium (Ag) verbind spontaan met verwante minerale soos Megalomanium (Mg) en Despotium (Dp). Dié verbindings vorm nie deel van oplossings nie en word onder hoë druk ’n bron van warm lug, wat wel doeltreffend gebruik kan word as alternatiewe energiebron.

spot
Spotprent

Sabotasie van die nasie?

So gepraat van verleenthede. Vryburger sien die SAUK het ’n paar werknemers geskors vir die uitsaai van die verkeerde weergawe van pres. Cyril Ramaphosa se boodskap aan die nasie. Dit was glo doelbewuste sabotasie.

Sabotasie? Werklik? As dit gronde is vir skorsing, hoekom het dit dan so lank geneem om van Hlaudi Motsoeneng ontslae te raak? En die topbestuur van Eskom? En die diknekke by Prasa? Die SAL? Om die waarheid te sê, hoekom het dit nege jaar geneem om ontslae te raak van Jacob Zuma? Einste Zuma wat selfs buite die amp van president ’n nasionale verleentheid bly en volgens die hooggeregshof laster pleeg teen “agente van die vyand”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.