Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: In die land van die blindes is Hlaudi koning

Hlaudi Motsoeneng, die blinde koning in geenoog-Es-Y-Bie-Sie-land, laat mos nou die koppe rol van enigeen wat met hom verskil. En as die uitsaaiowerheid, Okosa, sê hy is verkeerd, dan wil hy hof toe hardloop daaroor.

Nou wonder Vryburger maar net hoekom hy skielik gesag wil toedig aan wat die hof hieroor te sê kan hê. Toe die einste hof gesê het sy aanstelling is onwettig en irrasioneel, het hy dié immers geïgnoreer soos ’n stopstraat. Met ander woorde, wat die hof te sê het, kan geld of nie na gelang van of Hlaudi saamstem!

Die Kaizer is kaal

In nog ’n kragtoer van logika laat weet die SAUK-woordvoerder, Kaizer Kganyago, dat die openbare reaksie op die summiere afdankings die uitsaaier niks traak nie. Ook is die uitsaaier die publiek nie ’n openbare verduideliking verskuldig nie.

Wat natuurlik die vraag opper of die Kaizer-sonder-klere hoegenaamd weet die woord wat voor “uitsaaier” kom, is “openbare” – soos in “openbare uitsaaier”. Gegewe waar ’n groot deel van jou groot salaris vandaan kom (of dalk gou nie meer vandaan gaan kom nie), moet jy dalk maar weer gaan dink, ou Kaizer.

’n Lugkasteel of ’n kasteel-in-die-lug?

’n Rukkie gelede skryf Vryburger oor die plan om ’n luukse nuwe jet vir Nammawan teen die weggeeprys van ’n paar miljard rand aan te skaf. Nkandla se luukse lugvleuel word mos eufemisties deur die regering “die Suid-Afrikaanse Lugmag se beoogde interkontinentale vervoerstelsel ter ondersteuning van diplomasie” genoem.

So laat weet ’n leser toe hy het nou ’n beter naam – anders as die Amerikaanse Air Force One sal Jacob Regop se êrie “Air Farce One” heet. In die kol, Frans! Vryburger wil graag ’n heildronk instel op jou puik benaming, maar die mure het mos ore en daarom is hy te bang om te sê “laat hy val waar hy wil”.

Nog ’n Trump-ramp

Al gewonder hoe lyk die sleutelbord waarop Melania Trump haar toesprake skryf?

vryburger@dieburger.com

Meer oor:  Hlaudi Motsoeneng  |  Okosa  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.