Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: Joegaai! Hoera! Ons kry nog ’n taakspan!
vry
Spotprent

Hoe weet jy wanneer die ANC-regering geen benul het om ’n probleem op te los nie? Hulle stel ’n “interministeriële taakspan” aan.

Soos nou met justisieminister, Ronald Lamola, wat onse Cyril se jongste maaksel aanvoer – die interministeriële taakspan wat Covid-19-korrupsie moet ondersoek.

Vryburger herinner die president net daaraan dat hy self in 2014, toe hy nog adjunkpresident was, aan die stuur van só ’n interministeriële taakspan was. Hul taak was om drie staatsondernemings van ondergang te red: die SAL, Eskom en die Poskantoor. Duidelik nie die hond haaraf gemaak nie.

Lyk vir Vryburger die jongste interministeriële taakspan se kanse op sukses is min of meer ewe goed: die ANC-regering ondersoek korrupsie deur die ANC-regering en doen daarna verslag aan die ANC-regering.

vry
Spotprent

Waar of wolhaar?

Die oud-dominee Carl Niehaus, wat selfs oor die dood van sy eie ma gelieg het, het hom ontpop as ’n dapper stryder teen korrupsie. Oor die Covid-19-korrupsie sê hy die “oomblik van waarheid” het vir die Ramaphosa-regering aangebreek.

Vryburger weet darem nie so mooi nie, want wat Niehaus van die waarheid weet, is gevaarlik. Soos in die storie oor wat die onderskeid tussen Madiba, Jacob Zuma en Niehaus is: Madiba kon nie ’n leuen vertel nie, Zuma kan nie die waarheid vertel nie en Niehaus kan jou nie eens vertel wat die verskil tussen die twee is nie.

Amper was ons land ‘Des moers’ . . .

Maar laat ons nie te swartgallig raak nie. In hierdie moeilike tye fokus Vryburger graag op die positiewe en is hierdie week weer met ’n diepe dankbaarheid vervul dat Des van Rooyen net vir ’n naweek minister van finansies was. Ou Des het mos by die Zondo-kommissie oor sy aanstelling deur die Guptas getuig en vertel ons toe mos die eintlike bose mag agter staatskaping is “witmonopoliekapitaal”, waarvoor die land die prys betaal.

En hiermee herinner Vryburger dan net vir ou Des aan wat die prys is wat die Suid-Afrikaanse ekonomie betaal het vir sy kortstondige aanstelling: so rofweg R500 000 000 000!


Meer oor:  Vryburger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.