Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: Van die ‘high court’ na Estcourt met JZ
spot
Het hul albei vrede?

Vryburger wonder sommer maar net hoe die land se voormalige Nommer Een aanpas daar in sy sel in die tronk op Estcourt.

Ten minste het hy ’n baie ondersteunende familie. Suslief, Duduzile het mos gesê “We will escourt dad to jail”.

Lekker man, Pappie was nou al ge-escourt na baie courts. Van die high court na die constitutional court.

En toe eindig Pappie in die tronk op Estcourt.

Sjym.

spot
Ek skiet jou hier, ek skiet jou daar ...

’n Rubberkoeël vir Cele

Te midde van die openbare geweld, is polisieminister Bheki Cele ietwat op die agtervoet, veral met al die rubberkoeëls wat sy kabinetskollegas op hom afvuur.

Cele het reeds in die vroeë dae van die Ramaphosa-presidentskap hard probeer om sy “skop, skiet en donder”-neiging te verbloem, maar hy kon nooit werklik sy diepgewortelde kragdadigheid beteuel nie.

Nou veg hy met die minister van staatsveiligheid.

Vryburger herinner Cele en ander klein diktatortjies die geskiedenis het bewys dat nasionale uitdagings nie oorkom word deur kragdadigheid nie, maar wel deur die menslikheid, welwillendheid en solidariteit van gewone mense.

As jy nie dit verstaan nie, verdien jy nie jou plek in die kabinet nie. Nie jy nie, en ook nie die minister van staatsveiligheid nie.

Hoe lank nog?

Vryburger wag nou met ingehoue asem oor die jongste statistiek van Carl Niehaus oor die snelgroeiendste takke van die ANC.

Waar sal dit wees?

Estcourt? Pollsmoor? Diepkloof?

As kaartdraende lid is dit deesdae mos nie maklik om jou tak te kies nie. Gee ons tog beter inligting.

Meer oor:  Vryburger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.