Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: Walker loop vry; kwarantyn vir Van Rijn
Spotprent
Spotprent

Terwyl die land vandag ’n entjie nader aan vlak 3 is, bly jou entjies nog baie ver in die verskiet nadat min. Idiamini-Zuma weer haar voet neergesit het en die fascistiese tabakverbod op pres. Cyril Ramaphosa en die res van ons afgedwing het. So, teen Maandag kan Johnnie Walker vry rondloop, en Rembrandt van Rijn moet nog in kwarantyn bly.

Behoede jou maar as jy met ’n pakkie dertig in jou gatsak betrap word, want volgens grootpoot Bheki Cele is dit tjoekie toe met jou as jy nie ’n strokie het om te wys waar jou skywe vandaan kom nie. Wat Vryburger net laat wonder wie dit alles gaan afdwing – die te stigte Brixton-moord-en-rook dalk?

Mkhize se dop-fop

Intussen het die Wes-Kaap se wynliefhebbers kollektief asem opgehou dat Idiamini-Zuma uit suur druiwe dalk die alkoholverbod in Kaapstad gaan voortsit. ’n Vrees wat baie gedink het bewaarheid is toe gesondheidsminister Zweli Mkhize op ’n aanlyn sitting van die Nasionale Raad van Provinsies gesê het brandpunt-distrikte kan dalk Maandag op vlak 4 gehou word. Maar teen gister swaai die departement van gesondheid weer om en sê die hele land sal na vlak 3 skuif – dis net maar ’n ou skyfie wat in Mkhize se voorlegging ingesluit was.

Nou wag Vryburger met ingehoue asem dat daai oorparate Cele sy kollega Mkhize in hegtenis neem vir die verspreiding van fopnuus . . .

Spotprent
Spotprent

Kerk ná die lang inperk

Vandeesweek laat onse Cyril ook weet al mag jy nog nie nou al skywe en drank koop nie, kan jy maar weer kerk toe gaan, solank daar minder as 50 mense op ’n slag is.

Te midde van die verbod op hare sny, vermoed Vryburger daar gaan baie gemeentelede opdaag met erg Ou Testamentiese baarde en haarstyle. ’n Simson hier, ’n Absalom daar en dalk ’n dominee of twee wat self lyk soos Moses wat pas van die berg af gekom het met die Tien Gebooie . . .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.