Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: Wat was ras voor ras in die DA was?
spot

Die DA neem deesdae sy rol as opposisieparty so ernstig op dat die party tot homself begin opponeer. En die rassekaart vlieg só oor en weer dat jy sommer sal dink dis die ANC dié.

Ter sprake is die jongste aanslag op die leierskap van Mmusi Maimane en Helen Zille se Lasarus-agtige toetrede tot die stryd om die federale voorsitterspos waar sy as moeder en hoeder van die DA-kindertjies wil optree. Dít nadat die Maimane-kamp mos vroeër probeer het om haar kolonialisme-twiet teen haar in te span ten einde steun onder swart kiesers in vanjaar se algemene verkiesing te wen. Wat natuurlik liederlik geboemerang het. Onbetroubare verspieders kom vertel nou Zille se veldtog gaan heet #PayBackMaimane.

Vryburger het laas so ’n petalje gadegeslaan toe ’n bakleiery oor Peter Marais die DA laat skeur het. Wees dus gewaarsku: iemand gaan hier seerkry en dis nie die ANC nie . . .

En DA’ baklei die amptelike opposisie weer

Zille, wat deesdae erken sy het ’n fout gemaak deur te dink ’n swart leier sou die DA bó rassepolitiek verhef, word teëgestaan deur Athol Trollip. Dis nou ook Trollip wat destyds so diklip was toe ’n vorige wünderkind van Zille, Lindiwe Mazibuko, hom uit die kussings gelig het as die DA se parlementêre leier.

In sy destydse veldtog het hy in ’n meningstuk gesê die DA het slagoffer geword van ’n psigose om swart gesigte ter wille van hul ras te bevorder. En later in ’n onderhoud: “Die DA en Zille spesifiek was op soek na ’n swart leier. En ek kan baie goed wees, maar ek kan nie iets anders as manlik en wit wees nie. Ek kan nie swart wees nie.”

En nou is Trollip self die vaandeldraer van ’n kamp in die DA wat sê Maimane is die slagoffer van ’n smeerveldtog omdat hy swart is en die DA verder wil diversifiseer. Hoe draai die wiel . . . of nie?

Wie beskerm vir wie?

Vryburger sien oudmin. Bathabile Dlamini en haar eertydse woordvoerder is weer in die spervuur. Die toelae-agentskap Sassa soek sowat R3,5 miljoen by haar vir peperduur private beskermingsdienste.

As die geld maar betaal is aan beskermingsdienste om die publiek teen Dlamini te beskerm, was dit dalk nie heeltemal vrugteloos nie!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.