Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger: Zuma het nou Zondo-koors onder lede

Zuma het nou Zondo-koors onder lede

Finansminister Tito Mboweni het nou al weer las van die linkse vlooie in die ANC se pels, die SAKP en Cosatu. In die aanloop tot die begrotingsrede volgende maand is hulle kop in een mus met daardie nare Ace Magashule om Mboweni se nuwe resep vir ekonomiese groei te dwarsboom. En as Magashule, die SAKP en Cosatu die duiwel in is oor ’n plan, dan moet jy weet dit het goeie potensiaal. Probleem is egter net dat die ANC nog nooit ’n tekort aan planne vir die ekonomie gehad het nie. Daar was die HOP (dit het geflop); Gear (wat nie in rat wou kom nie – nie in Manuel of in automatic nie); Asgisa (wie onthou nog waarvoor dit gestaan het?); die Nuwe Groeipad (waarmee die ANC verdwaal het); die Nywerheidsplan van Aksie (ons wag nog op satisfaksie); die Nasionale Ontwikkelingsplan (ons sien die plan, maar waar is die ontwikkeling?).

En nou is Tito, die amateurkok wat graag sy vernuf in die kombuis op die proef stel, se resep in die oond. Vryburger is egter bevrees iémand in die ANC gaan die oonddeur oopmaak voor die koek nog gerys het . . .

’n Bielie van ’n koek

So gepraat van koeke. Dis darem ’n allemintige een wat die ANC toe laat bak het vir sy 108ste verjaardagviering in Kimberley. Dié outjie se afmetings was 3m by 1,5m en dit het drie dae geneem om dit te bak. Die draers daarvan het kompleet gelyk asof hulle ’n doodskis na ’n graf dra.

Met dié dat die koek omtrent die enigste ding was wat daardie dag nog groter as die Groot Gat was, kom vertel ’n verspieder pres. Cyril Ramaphosa was nogal knorrig oor die uitspattige koek in ’n land waar mense honger ly: “Toe ek gesê het ons het ’n groter koek nodig, het ek gepraat van die ekonomie, nie ons verjaardagkoek nie,” het hy glo laat weet.

Dinge raak nou warm

Intussen wag Vryburger, saam met die res van die land, met ingehoue asem om te hoor watter misterieuse siekte dit is wat Jacob Regop verhinder om voor die Zondo kommissie te getuig. Ons hoop nie dis aansteeklik nie . . .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.