Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryheidsdag: Nog baie werk lê vir ons voor

Saterdag vier ons Vryheidsdag. Ons herdenk ons stryd en opoffering om ons land op die weg na vryheid te plaas. Ons vier ons oorgang na demokrasie en geniet ons politieke deelname aan die bou van ’n vrye, nie-seksistiese, nierassige, niediskriminerende en menswaardige Suid-Afrika.

Ons vier ons inklusiewe Grondwet wat burgers se regte erken en ons aanmoedig om almal se regte te respekteer. Ons vier ons staatsinstellings wat hierdie regte beskerm.

Tog meen baie daar is nog veel wat gedoen moet word sodat almal in gelykheid en met trots hierdie vryheid kan geniet. Ekonomiese ongelykhede, diversiteit wat nie deur almal omarm word nie, godsdienstige verdraagsaamheid wat nog nie sterk genoeg gevestig is nie, en die talle voorvalle van geweld en haat­spraak is maar enkele uitdagings wat ons moet aanpak sodat almal ons vryheid kan omarm.

In ’n mees fundamentele sin beteken vryheid die vermoë om te kan optree, te doen en te reageer. Dié verstaan van vryheid verwys na die eienaarskap wat ons neem vir ons gedrag, wat ons onderskei van diere, wat op instink handel en reageer.

Hierdie inspanning van ons kragte en of invloed moet in gesprek met ons vervalle gemeenskappe tree.

Plaas ons vryheid in ’n morele raamwerk, dan beteken dit ons moet vryheid verstaan volgens ons oriëntasie tot sosiale kommunikasie. Dit lei tot die besef dat ons as individue magte, kragte of invloed binne ons sosiale omgewings het. Dit is hierdie kragte, invloed of vermoëns wat ek dink ons positiewer en verantwoordeliker moet aanwend om nie net ons vryheid te verseker nie, maar veral om te bou aan ’n land waarin almal vryheid geniet.

Hierdie inspanning van ons kragte en of invloed moet in gesprek met ons vervalle gemeenskappe tree. Ons moet ons weer her­oriënteer tot in-die-skoene-van-my-naaste- staan sodat ons nie net begrip kan hê van waardeur gewone mense gaan nie, maar terselfdertyd inderdaad alle verskynsels waar vryheid negatief en selfs tot nadeel van ons naaste uitgedruk word, verwerp en regstel.

Christene het pas die kruisiging en opstanding van Jesus Christus herdenk en gevier. Paasfees bied ons as Christene rede om vryheid in die breedste sin van die woord te vergestalt. Christus het die magte van die duisternis oorwin met sy opstanding (Matt. 28:6). Hy roep ons om vryheid te gebruik om die magte van die bose die stryd aan te sê. Sy opstanding beteken juis dat ons in staat gestel word om ons vryheid ten goede van die ander aan te wend, dat ons vryheid tot die herstel van mense en ons samelewing benut.

Vryheid is die verantwoordelikheid wat ons elkeen het om te dink, te werk en te leef vir vrede, geregtigheid, samehorigheid, verdraagsaamheid en vir ’n geweldlose samelewing, een waar ons nie nodig het om mekaar te vrees nie. Só kry vryheid ’n heilige betekenis.

Dr. Donald Katts is ’n voormalige moderator van die Volkskerk van Afrika.

Meer oor:  Donald Katts  |  Vryheid  |  Menseregte  |  Suid-Afrikaners  |  Vryheidsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.