Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vuil lug vat hap uit ekonomie
Elise Tempelhoff

Lugbesoedeling weens die verbranding van steenkool, olie en gas is jaarliks verantwoordelik vir die dood van 4,5 miljoen mense wat sterf voordat hulle volwassenheid bereik.

Die globale ekonomiese las van siektes en gesondheidsorg wat deur lugbesoedeling veroorsaak word, word bereken op sowat $8 miljard (R118,5 miljard).

Dít is die bevindings van die verslag “Cost of Fossil Fuels”, wat gister deur die sentrum vir navorsing oor energie en skoon lug (Crea) uitgereik is.

Die Wêreldbank het in reaksie op dié verslag gesê die geëksternaliseerde koste (koste wat op die burgerlike samelewing en die ekonomie geplaas word) van die verbranding van fossielbrandstowwe is gelykstaande aan die bruto binnelandse produk (BBP) van Japan, die derde rykste land ter wêreld.

Lauri Myllyvirta, leier-ontleder van die verslag, het gister getwiet: “Dit is die eerste studie nog wat die ekonomiese las van lugbesoedeling weens die verbranding van fossielbrandstowwe bereken. Die totale koste is 3,3% van die globale ekonomie. Dit oorskry die koste van die oorgang na hernubare energie verreweg.”

Volgens Myllyvirta is daar minstens elke jaar ’n bykomende 4 miljoen kinders wat aan asma ly.

Die opstellers van die verslag sê hulle het vasgestel die verbranding van fossielbrandstowwe eis jaarliks drie keer meer lewens as motorongelukke.

Luidens die verslag is lugbesoedeling in die energie-, staal-, sement- en brandstofbedryf onder meer verantwoordelik vir diabetes, chroniese lugweginfeksies, beroertes, longkanker en asma.

Die studie stel dit duidelik dat ’n regstreekse verband tussen die verbranding van fossielbrandstowwe en die klimaatkrisis bestaan.

Dit beteken mense wat siek word, kan nie behoorlik werk nie en dra by tot “massiewe ekonomiese verliese”.

Die studie stel dit duidelik dat ’n regstreekse verband tussen die verbranding van fossielbrandstowwe en die klimaatkrisis bestaan.

Daar is ook bevind: Stofdeeltjies (PM2.5) wat vrygestel word wanneer steenkool, olie en gas verbrand word, het in 2018 gelei tot ’n verlies van 1,8 miljard werkdae, 4 miljoen nuwe gevalle van asma onder kinders en 2 miljoen vroeggebore babas.) Stikstofdioksied (NO2), wat deur petrol- en dieselvoertuie, steenkoolkragsentrales en fabrieke vrygestel word, veroorsaak asma onder kinders en bejaardes en lei tot asemnood. )

China, Amerika en Indië ly finansieel die meeste weens vuil lug. Die ekonomiese koste van besoedelde lug in dié lande beloop jaarliks $900 miljard (R13 333 miljard), $600 miljard (R8 889 miljard) en $150 miljard (R2 222 miljard).) Navorsing wat onlangs deur die Amerikaanse Environmental Protection Agency gedoen is, het gewys vir elke $1 wat in skoon energie belê word, wen die wêreldekonomie $30.

Intussen het die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (Unep) in reaksie op die verslag gesê: “Dit is noodsaaklik dat nou opgetree word. Mense moet bemagtig word en inligting kry oor die bron van lugbesoedeling in hul omgewing. Dit sal hulle help om stappe te doen as regerings nie wil nie.”

Unep het daarom ’n platform, die Urban Air Action Platform, geskep waar mense data kan kry oor die bronne van lugbesoedeling in hul omgewing.

Volgens Unep ontvang die platform 24 uur per dag van oor die wêreld inligting oor besoedeling. 4 000 inligtingsbronne is nou aktief en 15 miljoen mense gebruik reeds die databasis.

Meer oor:  Elise Tempelhoff  |  Omgewingsbewaring  |  Lugbesoedeling  |  Vuil Lug  |  Ekonomie  |  Lug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.