Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘Waarheid’ kan op dié manier verskraal word
André van Niekerk

Dit is nie bang mense wat na God vra nie, maar ambisieuse mense, meen Karen Armstrong (The Case for God). Dis juis mense wat die meeste van hul kosbare lewe wil maak wat na geloof verlang.

Gevolglik het die vroeë godsdienstige mense met twee lewensbronne – “logos” én “mitos” – geleef. Met die logiese rede het hulle wat sintuiglik waargeneem is, verklaar. Vir lewensvrae wat hulle nie met die kop kon kleinkry nie, het hulle singewende kuns en mitiese verhale geskep. In belydenistaal sê ons: Deur sy bekendmaking in die natuur, ervarings én verhale inspireer God ons.

In die bewindstyd van koning Salomo kry ’n skrywer (of groep skrywers) opdrag om lewensvrae so te beantwoord dat dit vir mense en die hele koninkryk ten goede is. Ons noem die skrywer die “Jahwis” omdat hy ’n besondere naam vir God in die onvoltooide teenwoordige tyd gebruik: Jahwe – “Die Een wat is (of word) wat Hy is.”

Die een fout waarmee ons die Jahwis se boodskap uitdoof, is om “waarheid” tot logies-wetenskaplike verklarings te verskraal. Dis begryplik dat dit gebeur. Godsdienstiges en magtiges het – veral in die Middeleeue – saamgespan om wetenskaplikes van eerlike ondersoeke te weerhou en gewone mense met bygeloof te belas.

Die Jahwis vra dat ons die verbintenis met skepping én Skepper eerder sal verdiep.

Die tweede fout is selfs erger. Godsdiensleiers se reaksie is nie om die eie aard van lewenswaarhede deur Bybelse verhale en kuns te verdedig nie, maar om by die modernisme se verskraling van waarhede in te koop en daarom alles in Die Bybel as letterlik-historiese waarhede te beskou. Daardeur word geloof as vertroue in God (faith) na geloof as opoffering van verstand aan die geloofsleer (beliefs) verander. Ook dié fout is begryplik. Felle godsdienskritiek wat mense van Godsvertroue wil losruk, sal teengestaan word – ongelukkig meestal op ondeurdagte wyses.

Die Jahwis vra dat ons die verbintenis met skepping én Skepper eerder sal verdiep. Wanneer ons byvoorbeeld dieper op “logos-wyse” aan lewensasem dink, groei geloofsverwondering.

Miljoene jare was daar te min suurstof. Op ’n wonderbaarlike wyse ontstaan siano-bakterie wat in koolsuurgasryke water floreer en deur fotosintese suurstof vrystel. Die suurstof verbind met metale om yster te vorm en toe die proses versadig is, word suurstof sowat 1 800 miljoen jaar gelede in die atmosfeer vrygestel wat oorvloedige vorme van lewe meebring.

Met elke teug van suurstofryke lug asem ’n mens iets van die lewegewende Gees van Jahwe in. Dit laat ’n mens dieper en bewusteliker asemhaal. Dit laat ’n mens ook die krane van lewensvernietigende koolsuurgas toedraai.

Meer oor:  André Van Niekerk  |  Geloof  |  Sielsgoed  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.