Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ware smulpape ry hul motorbande kapoet

Met die bekendstelling van die Citroën DS Pallas in Frankryk ongeveer vyf dekades gelede, het motoriste met heelwat “eerstes” kennis gemaak.

Heinz Mödler
Heinz Mödler

Die Pallas was ’n innoverende stuk ingenieurswerk wat gespog het met ’n hidrouliese veerstelsel, hoofligte wat saam met die stuurwiel draai, skyfremme en ’n veselglasdak om die swaartepunt so laag as moontlik te hou.

En dan was daar die bande. Vir die eerste keer het ’n motor met straallaagbande verskyn. ’n Sustermaatskappy van Citroën, Michelin, is genader om hierdie bande te ontwikkel. Nie net was straallaagbande baie veiliger as gewone bande nie, maar dit het ook langer gehou.

Michelin is en was nog altyd een van die grootste bandvervaardigers in die wêreld en die maatskappy is alreeds in 1894 deur die broers Edouard en André Michelin gestig.

Tydens ’n tentoonstelling het hulle ’n stapel bande gesien wat soos ’n man se lyf gelyk het. Kort daarna is een van die wêreld se bekendste kentekens gebore: Die Michelin-man. Die Michelin-man staan ook bekend as Bibendum (Nunc est bibendum of “nou is die tyd om te drink”) wat ’n heildronk op motoriste se gesondheid instel.

Die eerste Michelin-man was wit. Die rede hiervoor is dat bande ook wit was.

Die kleur van bande het eers na swart verander toe wetenskaplikes in 1912 uitgevind het dat die toevoeging van koolstof die rubber in bande baie sterker maak. Koolstof is ook by langspeelplate gevoeg om dit meer weerstandig teen krapmerke te maak.

Ongelukkig vir Michelin was dit ’n geval van slim vang sy baas. Die oorspronklike wit Michelin-bande was sag en die loopvlak het gou verweer. Die nuwe swart bande was só sterk dat klante baie selde nuwe bande moes aankoop.

Verkope – en winste – het drasties afgeneem en die maatskappy het begin sukkel om kop bo water te hou.

Al genade vir die Michelin-broers om te oorleef was om ’n manier te vind wat motoriste sou aanmoedig om meer te ry.

Al genade vir die Michelin-broers om te oorleef was om ’n manier te vind wat motoriste sou aanmoedig om meer te ry. Die grootkoppe het vergader en besluit hulle gaan aan restaurante sterre begin toeken.

Indien ’n restaurant goeie kos bedien en beslis die moeite werd is om met jou motor te besoek, kry die restaurant een ster.

Sou die sjef kos van só ’n gehalte voorsit dat selfs die ry van ’n ompad jou moeite beloon, kry die restaurant twee sterre. Restaurante wat drie sterre inpalm, is die beste van die bestes. Om hier ’n noenmaal te nuttig, verg beplanning. Jy sal moontlik ver moet reis en dalk oorslaap, maar jou moeite sal met kos uit die boonste rakke beloon word.

Vandag is Michelin-sterre steeds uiters gesog. Restaurateurs droom van die glorieryke oomblik wanneer daar ’n Michelin-ster teen die deur geplak word.

Wanneer jy gelukkig genoeg is om ’n tafel by Kobus van der Merwe se Wolfgat-restaurant te boek, moet jy nie kla dat jy vir jou ete Paternoster toe moet reis nie. Jou veilige en gemaklike rit met jou swart straallaagbande gaan beloon word met ’n wêreldklas-eetervaring.

  • Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar van Kaapstad.
Meer oor:  Heinz Mödler  |  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.