Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wat is daardie liggie in die Evkom-tonnel?

Met die stand van Afrikaans is dit moeilik om te glo, maar Eskom (Electricity Supply Commission) het vir baie jare ook ’n Afrikaanse benaming gehad: Evkom (Elektrisiteitsvoorsieningskommissie).

Sjoe, ek is nou skoon uitasem! Dit lyk soos ’n duisendpoot.

Johan van Wyk

Maar dis hoe ons dit taalkundig korrek in Afrikaans geskryf het: aanmekaar. So los en vas soos Afrikaans deesdae geskryf word, sal baie mense dit nie eens kan spel nie. Maar dit daar gelaat. “Evkom” het in onbruik verval toe ’n kompromie aangegaan is: “electriticity supply” bly in Engels en Afrikaans word in die saamgestelde naam verteenwoordig met die “k” vir “kommissie”. Ietwat van ’n taalkundige verknoeisel, maar nie ’n heeltemal onpraktiese naam vir die “kragreus” nie, soos hy in die media genoem word.

Kragreus?

Soos sake nou staan en dinge voorspel word, is “kragdwerg” dalk nader aan die waarheid. Toe ek vanoggend my gasstofie laat vol maak, het die gasplek se baas onheilspel-lend verklaar: “Ja, hou hom maar vol, dinge gaan nog baie erger word!”

Hy het sy lippe afgelek.

Maar hoe gepas is die verdwene bena-ming “Evkom” nie vir die skrikwekkend swakbestuurde, red-delose bankrotspul nie? Elektrisiteitsverlies-kommissie. ’n Verlies aan geld en krag kan nie beter beskryf word nie.

My flitse het nuwe batterye en my praaimis (pompstofie) se kop is met ’n ‘prick’ oopgesteek.

Ek gaan Eskom van nou af net “Evkom” noem, soos toe Afrikaans een van twee ampstale was en Afrikaanse mense daarop gesteld was om Afrikaanse benamings in hulle spreek- en skryftaal te gebruik. Klaarblyklik nie meer nie. Maar dis mos maar hoe dit gaan, ook met tale as jy nie meer omgee nie. Of met vry. As ’n man eers uit sy hemp is, gee hy mos nie meer om vir sy broek nie.

Evkom het my ook laat wonder wat die grond-leggers van hierdie eens trotse instelling sou sê oor die tragiese verval onder onbevoegdes. Die versiende nywerheidsleiers, onder wie talle Afrikaners, wat besef het Suid-Afrika sou sonder ’n betroubare sentrale kragnetwerk nooit ’n moderne nywerheidsland kon word wat met die wêreld se voorstes kan saamgesels nie. Dit sou ’n armsalige boerderylandjie bly.

Gelukkig is hulle nie meer met ons nie.

Die ander tragedie rondom die “kragreus” is dat die ANC nooit sal erken dat wanbestuur deur onbevoegde mense tot Eskom se ondergang gelei het nie. Hy durf nie, want dit sal ’n erkenning wees dat hy Suid-Afrika nie behoorlik kan bestuur nie. Die ANC sal eerder toesien dat die land oor die afgrond stort as om dit te doen.

Ag, nou ja, my gasstofie en paraffienlampe is vol, my braaiplek is tot aan die dak met hout gestapel, die blakers is vol kerse, my flitse het nuwe batterye en my praaimis (pompstofie) se kop is met ’n “prick” oopgesteek.

Daar is dus lig in die tonnel. Of is dit dalk ’n aankomende trein s’n?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.