Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wat is die regte van pasiënte?
Willie Spies

Die professies was sedert die vroegste tye die boustene van samelewings.

Regslui, geneeshere, ingenieurs, argitekte, landmeters, aptekers en vele ander professies wat met tyd ontwikkel het, het deur die eeue die toon aangegee in die ontwikkelingsgang van die beskawing soos ons dit vandag ken.

Die professies het hulle mettertyd self georganiseer om opleidingskole te vestig, later universiteite en professionele verenigings, vir selfregulering en om etiese, professionele gedrag te bevorder.

Uiteindelik, namate prinsdomme, ryke en stadstate in die tweede helfte van die 19de eeu opgeneem is in groot nasionale state, het die regerings van daardie nasionale state begin om gaandeweg staatsmag ten opsigte van die professies te laat geld.

Die staatsmag oor professies was in ’n mate ten goede, waar dit die vestiging en uitbouing van goeie standaarde, eenvormige regulering van die professies en die versterking van selfregulerende professionele verenigings tot gevolg gehad het. Maar in totalitêre state het die staatsregulering van professies dikwels tot die onderdrukking van innovasie en ontwikkeling gelei.

In China is dr. Li Wenliang (33), in Januarie 2020 deur die Chinese polisie geboelie omdat hy sy waarnemings oor die skielike styging in “longinfeksies” in Wuhan bekend gemaak het.

In China is dr. Li Wenliang (33), in Januarie 2020 deur die Chinese polisie geboelie omdat hy sy waarnemings oor die skielike styging in “longinfeksies” in Wuhan bekend gemaak het. Die totalitêre Chinese bewind het hom gestraf omdat hy na hul oordeel onwaarhede verkondig het. Hy is op 7 Februarie verlede jaar self aan Covid-19 oorlede. Hy word vandag gesien as ’n fluitjie-blaser en een van vele helde in die stryd teen die pandemie.

In Suid-Afrika is daar sedert 1994 ’n baie sterk neiging om die outonome professies toenemend onder die dwingende en onbekwame ysterhand van die staat in te dwing. Verskeie wette is in die afgelope 20 jaar aanvaar waardeur onder meer die regsprofessie, die mediese professie en die ingenieursbedryf effektief onder staatsbeheer geplaas is en vrywillige professionele verenigings van hul gesag gestroop is.

In die krisistyd waarin die wêreld homself tans bevind, haal dié maatreëls ons vinnig in. Die Grondwet se menseregte-akte gee in art. 27 aan landsburgers die reg op goeie mediese sorg van hul keuse. Art. 22 verleen weer aan persone die reg om vryelik hul professies te beoefen, slegs onderhewig aan wetgewing en regulasies wat redelik en rasioneel is.

Tans heers daar egter ’n reusepolemiek oor die reg al dan nie van dokters en aptekers om hul pasiënte – spesifiek Covid-19-pasiënte – na die beste van hul wete te versorg.

Tans heers daar egter ’n reusepolemiek oor die reg al dan nie van dokters en aptekers om hul pasiënte – spesifiek Covid-19-pasiënte – na die beste van hul wete te versorg.

Die staatsbeheerde Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad (Sahpra) reguleer verbete die reg van dokters en aptekers om noodbehandeling aan Covid-19-pasiënte toe te dien.

Doret Louw van Bredasdorp is vandeesweek in Worcester se Mediclinic dood omdat daar nie genoeg ventilators in die hospitaal beskikbaar was om haar aan die lewe te hou nie. Haar familie het dokters vergeefs gesmeek om haar met ivermektien, ’n skedule 3-medisyne wat in Indië, Argentinië en Brasilië gebruik word teen Covid-19, toe te dien. Dokters het geweier, weens Sahpra se streng instruksies wat slaafs deur die hospitaal toegepas word.

Mense sterf te midde van ’n ramptoestand. Dieselfde owerheid wat gretig fundamentele regte inperk in die naam van ’n ramptoestand, weier om af te wyk van gewone duur en tydrowende toets- en registrasieprosesse om bekostigbare ivermektien onder toesig en op voorskrif van ’n dokter toe te laat. Iewers is ’n slang in die gras wat dringende ingrepe verg.

  • Spies is ’n prokureur en tree tans namens AfriForum op in ’n regsgeding oor ivermektien.
Meer oor:  Willie Spies  |  Menseregte  |  Dokters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.