Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wat maak die Finne dan nou só gelukkig?
Prof. Hennie van Coller

Op ’n keer vra ’n bekende vroulike letter-kundige se man my prontuit of ek gelukkig is in Bloemfontein. Toe ek bevestigend antwoord, skuif hy sy strikdas reg en merk half terloops op: “Nou ja, ’n mens kan ook met alles gelukkig wees.”

Hoe ’n mens geluk bepaal, is ’n moeilike onderwerp. En of ’n vraelys ’n betroubare meetinstrument daarvoor is, laat ek ook in die midde.

Tog publiseer die Verenigde Nasies jaarliks ’n sogenaamde “World Happiness Report”.

Dis ’n lys wat sê hoe gelukkig die gemiddelde inwoner van ’n betrokke land is. Punte vir wel-vaart, sosiale verbondenheid, lewensverwagting en vryheid van keuse lei tot die somtotaal.

In die jongste peiling (2019) beklee Finland die eerste en Suid-Soedan die laaste plek op die lys van 156 uit die 196 lande in die wêreld. Die eer-ste klompie lande is almal uit Skandinawië: Denemarke, Noorweë en Ysland met Nederland ’n kortkop daarna en net voor nóg ’n Skandina-wiese land, Swede.

Suid-Afrika beklee die 106de plek, net ná Kongo-Brazzaville, Gaboen en Laos en nét voor Albanië en Venezuela.

Wat sou die rede wees, vra ’n mens jouself af.

Is koue bevorderlik vir geluk? Of lande met ’n sosialistiese inslag en verdeling van welvaart?

Is koue bevorderlik vir geluk? Of lande met ’n sosialistiese inslag en verdeling van welvaart? Lande waar vroue geëmansipeerd is op alle vlakke? Waar mense aktief leef en gesond eet? Of die bevolking nog relatief homogeen is?

Van Finne weet ek relatief min. Ek onthou van die “Wit Finne” wat teen die Russe geveg het; ook ’n mooi Finse verspringer wat een van ons beste diskusgooiers bekoor het. Ek weet van die Universiteit van Turku waar bekende litera-tuurwetenskaplikes gewerk het en van die kul-tuur van die Laplanders, veral van hul kuns-werke wat ons in Helsinki besigtig het.

In die koerant lees ek onlangs van hul goeie onderwysstelsel. Om onderwyser te word, is vergelykbaar met ’n werk as chirurg of inge-nieur elders; vir meestergraadopleiding was daar onlangs 2 400 aansoeke, terwyl daar maar 120 plekke was. Daar bestaan weinig verskil ten opsigte van die gehalte van skole en tot 16 jaar word kinders byna nie onderwerp aan toetsing nie. Desondanks vaar hulle in vergelykende na-vorsing beter as kinders van ander Skandina-wiese lande.

Dat hulle groot drinkers is wat gereeld in Tallinn in Estland mandjies vol drank koop, was vir my nuus. Ook dat baie van hulle aan de-pressie ly en van die meeste tatoeëermerke in die wêreld het. En al het ek van saunas geweet, het ek nie besef dat daar drie miljoen saunas – een vir elke twee mense – in Finland was nie.

Waarin lê die geluk dan?

Volgens die artikel in wedersydse vertroue, want niemand sal ooit iemand anders se eiendom steel nie.

En in hul geloof dat wenners en verloorders nie bestaan nie: Voor die ongenaakbare natuur moet immers álmal die knie buig.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Gelukkig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.