Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wat op dees aarde sou Edison begeester het?

Vir veral Amerikaners is Thomas Alva Edison ’n superheld – die grootste uitvinder van alle tye; ’n man met ’n ellelange lys patente agter sy naam.

Maar vir baie mense, veral buite Amerika, is hy die Robert Scott van Antarktika – ’n man wat nie geskroom het om ander se uitvindsels as sy eie te patenteer nie.

Heinz Mödler

’n Man wat nie geskroom het om die branders van wetenskaplikes wat vir hom gewerk het, self te ry nie. Maar ook om ander uitvinders te boelie om hulle intellektuele eiendom aan hom te verkoop of dit blatant net aan homself toe te eien.

Edison was ’n sakeman en het nie kompetisie geduld nie. Niemand het durf waag om hom te bevraagteken nie, wat nog van dink hulle weet iets wat hy nie weet nie.

Veral nie as jou naam Nikola Tesla is nie. Tesla, ’n Serwiër wat in Kroasië gebore is, was, soos Edison, van kleins af geïnteresseerd in wetenskap en uitvindings.

Maar daar was een groot verskil tussen Tesla en Edison: Tesla was slim, baie slim.

Tesla het in Europa gehoor van Edison se elektriese uitvindsel genaamd gelykstroom (GS) en wou graag vir hom gaan werk. Veral ook om hom te vertel van sy eie uitvindsel: wisselstroom (WS).

Nadat Tesla in Amerika aangekom het en wisselstroom aan Edison verduidelik het, het Edison se haat teenoor Tesla begin. Óf Edison was te domastrant en megalomanies om te besef Tesla het hierdie geveg gewen óf hy het eenvoudig net te min grysstof gehad om die belangrikheid van Tesla se uitvindsel te verstaan.

Edison het uit sy pad gegaan om Tesla se wisselstroom te diskrediteer. Hy het selfs die eerste elektriese stoel laat bou en wisselstroom gebruik om ’n terdoodveroordeelde, William Kemmler, daarmee die ewigheid in te stuur. Dié openbare demonstrasie was ’n groter spektakel as die teregstelling van John Coffey in The Green Mile.

Edison het sy laaste uitvindsel in die geheim ontwikkel. Waarskynlik omdat hy te skaam was om dit met ander te deel. Sy spooktelefoon (spirit phone) was bedoel om met afgestorwenes te kommunikeer. ’n Elektromagnetiese straal word deur ’n projektor-toestel uitgestuur, en enige steuring in die straal se baan bevestig dat die afgestorwenes in die vertrek se gees daardeur beweeg. Dit som omtrent alles op.

Hierdie amateur- en fabelagtige projek dui dalk op Edison se ongeskooldheid en sy mogge troffe-benadering tot meeste van sy uitvindsels, maar sy ondersteuners is vandag nog steeds hard op soek na ’n sinvolle wetenskaplike verduideliking vir Edison se spookfoon waarmee jy oorle’ oumagrootjie kan bel.

Aan die einde van sy loopbaan het Edison waarskynlik begin dink dat die wêreld nie sy afsterwe sal kan oorleef nie. Dalk het hy homself ook oortuig dat ’n intellek soos syne onsterflik moet wees.

Die enigste probleem is hoe die aardbewoners wat agterbly met hom gaan kommunikeer nadat hy ingespit is. Die oplossing is eenvoudig: ’n spookfoon.

Edison se spookfoon kan dan in kritieke tye van nood opgetel word om vir die ghoeroe van elektrisiteit raad te vra: “Haai Thomas, dis Eskom hier . . .”

  • Dr. Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar van Kaapstad.
Meer oor:  Heinz Mödler  |  Rubriek  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.