Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wat van BruinVrou61? En 62, 63, 64...?

Ná die omstrede studie by Universiteit Stellenbosch oor die kognitiewe vermoëns van bruin vroue, wil Meghan Lawrence mense graag aan ’n hele aantal ander voorstel.

O, aarde! Ek is nou so ’n bietjie laat vir die studie en het die bus verpas, maar dis seker oukei.

Aannames, onderrokke, stereotipering en lae kognitiewe funksie blyk mos deesdae aan die orde van die dag te wees.

Reg, hier is ek nou: BruinVrou61 wat nooit deel van ’n studie was nie. Laat ek net eers my meestersgraad opsy skuif sodat ek behoorlik kan tik.

Ja, tannie, ek was op universiteit en het regtig ’n meestersgraad. Ja, in slawerny. Ek weet dus baie van die onderdrukking van die bruin vrou.

Dis so maklik in vandag se tyd om iemand in die gesig te kyk en te dink: “Daai een is ’n sekere ras; seker nie te slim nie”, want die rassistiese onderrokke hang mos deesdae net te maklik uit.

Die omstrede studie oor 60 bruin vroue in ’n sekere gebied het my net weer laat besef: Moenie bruin vroue vlak kyk nie.

Ontmoet BruinVrou62, my ma: ’n Onderwyseres met twee grade en ’n diploma. Sy onderrig leerlinge deur die dag, kan 10 km aaneen draf en eet gesond.

Maar moenie my sommer net glo nie. Wat van die ander bruin vroue (net dié wat ek ken)?

BruinVrou63 het twee meestersgrade, is ’n kliniese sielkundige en ’n dosent.

BruinVrou64 werk in Johannesburg as ’n geoktrooieerde rekenmeester.

BruinVrou65 werk in Nieu-Seeland as geoktrooieerde rekenmeester.

BruinVrou66 reis die wêreld vol op ’n plesierboot.

BruinVrou67 is ’n prokureur.

BruinVrou68, 69, 70 en 71 beklee goeie poste in die media.

BruinVrou72, 73, 74, 75 en 76 beklee goeie poste as dosente.

Dan is daar natuurlik BruinVrou77, 78, 79, 80 en 81 wat onderwyseresse is.

Dus: Aan die vier studente van die Universiteit Stellenbosch wat die studie gedoen het, aan die dosente wat dit ondersteun het, die moderators wat dit bepunt het en aan die senaat wat dit goedgekeur het, wil ek graag een ding sê: Julle verdien ’n Nancy Pelosi-handeklap.

nancy pelosi

* Lawrence is ’n redaksielid van Netwerk24. Die menings van rubriekskrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

LEES OOK: Studie oor bruin vroue se denkvermoë ontlok ‘pyn, woede’

Meer oor:  Stellenbosch  |  Studie  |  Bruinvroue-Studie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.