Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Weer wysiging teen elke prys af
Willie Spies

Die Republiek van Suid-Afrika is een soewereine, demokratiese staat gegrond op die waardes van menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede, nierassigheid en nieseksisme; die oppergesag van die Grondwet en die heerskappy van die reg. Aldus art. 1 van die Grondwet.

Hierdie artikel, tesame met die ander bepalings in hoofstuk 1, staan bekend as die grondliggende bepalings van die Grondwet.

Vandag besluit die grondwethersieningskomitee van die parlement oor ’n verslag wat hy opgestel het na aanleiding van ’n maande lange proses waarin openbare sittings gehou en skriftelike vertoë ingestuur is en organisasies en individue in die parlement deelgeneem het aan die komitee se verrigtinge.

Die aanduidinge is dat die ANC en die EFF, wat saam verreweg die meeste lede in die komitee het, vandag ’n verslag gaan deurdruk wat voorstel dat die parlement met ’n proses begin wat die Grondwet verander om wel in sekere gevalle vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak.

Die verslag dien dan op 27 November voor die parlement en as dit goedgekeur word, begin ’n nuwe proses wat die voorbereiding van die Agttiende Grondwetwysigingswetsontwerp, nuwe openbare sittings en die inwin van nuwe openbare kommentaar moet insluit.

Floyd Shivambu van die EFF het reeds te kenne gegee dat dié party die ANC gaan steun om enige verandering aan die Grondwet aan te bring wat onteiening sonder vergoeding magtig.

Die opsies vir groepe vir wie die oppergesag van die reg en die beskerming van eiendomsreg belangrik is, raak dus vinnig minder.

Ons kan dus aanvaar dat as die Grondwetwysigingswetsontwerp voor die verkiesing voor die parlement dien, die ANC en EFF hul gesamentlike parlementêre verteenwoordiging van digby die 70% sal gebruik om dit deur te druk.

Die opsies vir groepe vir wie die oppergesag van die reg en die beskerming van eiendomsreg belangrik is, raak dus vinnig minder.

As die ANC en EFF se gesamentlike steun in volgende jaar se verkiesing onder die tweederdekerf gedruk kan word en die Grondwetwysigingswetsontwerp dien eers daarna voor die parlement, kan die wysiging gekeer word. Maar geen huidige meningspeiling dui op ’n daling van die gesamentlike ANC- en EFF-steun onder die tweederdekerf nie.

Dit bring ons by die vraag of die wysiging van art. 25 neerkom op ’n wysiging of ten minste ’n ondermyning van art. 1 van die Grondwet, wat ’n meerderheid van 75% verg.

Eiendomsreg word internasionaal as ’n basiese mensereg erken.

Eiendomsreg word internasionaal as ’n basiese mensereg erken. Verskeie internasionale menseregte-aktes en konvensies waartoe Suid-Afrika ook ’n party is, verbied spesifiek die konfiskering van grond of ander bates sonder vergoeding. Die ANC en die EFF sal al hoe meer klem lê op ’n unieke Suid-Afrikaanse weergawe van menseregte waarin “regstelling ter wille van menswaardigheid” veel swaarder gaan weeg as die beskerming van regte aan die hand van internasionaal aanvaarde norme.

Ongelukkig verbind art. 1 van die Grondwet, anders as die 34 grondwetlike beginsels waaraan die Grondwet getoets moes word toe dit destyds ingestel is, Suid-Afrika nie uitdruklik tot internasionale menseregtenorme nie. Die ANC en die EFF sal baie geesdriftig argumenteer dat die inbreuk op regte wat hulle beplan juis ter bereiking van gelykheid en menswaardigheid en dus in ooreenstemming met art. 1 is.

Suid-Afrika betree dus inderdaad vandag ’n baie donker era waarin ons uitgelewer is aan Julius Malema se vertolking van wat menseregte is. Alles moontlik sal gedoen moet word om die wysiging van die Grondwet te keer of vertraag totdat kiesers indien moontlik deur ’n verkiesing kan ingryp.

Meer oor:  Grondwetwysiging  |  Grondonteiening  |  Grondwet  |  Grondregte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.